Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Maak julle reg vir leefstyloudits – Premier

Prestasie-ooreenkomste, leefstyloudits en geen nuwe motors nie.

Dit is wat voorlê vir nuwe Gautengse LUR’e.

David Makhura. Foto: Daily Sun

Dít volgens David Makhura, premier van Gauteng wat die aankondiging Maandag tydens sy provinsiale rede in Soweto gedoen het.

Makhura het gesê hy gaan ’n “geen-nonsens-benadering” ten opsigte van dienslewering volg in ’n poging om groter verantwoordbaarheid en deursigtigheid op uitvoerende vlak in die provinsie te bewerkstellig, sowel as streng besuinigingsmaatreëls instel.

“Ek sal prestasieooreenkomste onderteken met alle LUR’e en oor al die planne wat hulle in die volgende 100 dae moet bring, ek sal ooreenkomste met hulle onderteken oor wat ons in die volgende 12 maande wil sien en ek sal die kontrakte openbaar maak. Ons sal elke agt weke vergader vir ’n diensleweringsoudit.”

Makhura het gesê dat sy LUR’e hulle moet regmaak vir leefstyloudits. Dit in ’n poging om korrupsie in die regering uit te roei.

“Ons wag op die multidissiplinêre taakspan oor leefstyl-oudits om deur die nasionale regering saamgestel te word. Die presidensie gaan met ons begin, politici en administrateurs,” het hy gesê.

Makhura volg die voorbeeld van Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap wat tydens sy provinsiale rede aangekondig het dat provinsiale beamptes nie nuwe voertuie gaan kry nie.

“Die soort motors wat voorheen deur LUR’e gebruik is, al die LUR’e sal daardie ou motors gebruik totdat die voertuie se lewensiklus om is,” het hy gesê.

Die soort motors wat voorheen deur LUR’e gebruik is, al die LUR’e sal daardie ou motors gebruik totdat die voertuie se lewensiklus om is.

Oor werkskepping het Makhura onthul dat die Gautengse ekonomie oor die afgelope vyf jaar R199 miljard in regstreekse beleggings uit die buiteland getrek het en dat 469 000 nuwe werkgeleenthede geskep is.

Makhura het gesê hy sal binne die volgende 200 dae nuwe werkskeppingsteikens vir die provinsiale regering bekendmaak, wat oor die volgende vyf jaar behaal moet word.

“Ek sal binne die volgende 200 dae die totale aantal werkgeleenthede wat elke sektor en maatskappy tot ons vyfjaar-werkskeppingsteikens sal bydra aankondiging, insluitende die bydrae van die township-ekonomie, koöperasies en klein-, medium- en middelslagondernemings,” het Makhura gesê.

Meer oor:  David Makhura  |  Gauteng  |  Soweto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.