Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mabuza moet nou water-belofte in Kimberley nakom
Die onverwerkte rioolvuil wat in die strate van Kimberley vloei. Foto: Verskaf

Die DA in Kimberley dring daarop aan dat David Mabuza, adjunkpresident, sy belofte nakom om dié Noord-Kaapse dorp te besoek en werk te maak van die waterprobleme wat hulle ondervind weens swak dienslewering in die Sol Plaatje-munisipaliteit.

Delmaine Christians, DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP), sê hulle sal Mabuza hou by sy belofte om die stad te besoek en die wortel van die waterkwaad uit te roei.

Christians sê in ’n verklaring die inwoners se water word gereeld afgesny en daar is ook gereeld onverwerkte rioolvuil wat in die strate beland.

“Dit is juis oor dié probleme dat ek die adjunkpresident verlede week op ’n NRVP-vergadering gevra het om te kom ingryp.

“Ons versoek ook dat hy vir pres. Ramaposa saambring,” sê sy in die verklaring.

Christians sê sy glo Mabuza en Ramaposa sal moedeloos wees as hulle die “vuil, verwaarloosde stad vol slaggate” moet sien.

Die DA sê as die regering ernstig is oor dienslewering en nie net om ’n politieke voorsprong te hê in volgende jaar se munisipale verkiesing nie, sal hy Kimberley vanjaar nog besoek en werk maak van die riviere van rioolvuil wat in die pad vloei en waterlose krane.

Strome onverwerkte rioolvuil vloei deur die strate van 'n verwaarloosde Kimberley. Foto: Verskaf

Meer oor:  David Mabuza  |  Kimberley  |  Dienslewering  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.