Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Maile wil ‘waarheid oor Alex-projek verbloem’

As Lebogang Maile, Gautengse LUR vir menslike nedersettings, stadsbeplanning, samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, sê daar is geen “greintjie waarheid” in aantygings dat geld van die Alexandra Renewal Project (ARP) misbruik is nie, is dit ’n “onverstandige poging om die waarheid te verbloem”.

Lede van die Alex Total Shutdown-beweging en inwoners van Alexandra tydens 'n vorige betoging. Foto: Felix Dlangamandla

So sê Herman Mashaba, burgemeester van die stad, en voeg by dat kommerwekkend baie korrupsie tans uitgewys word in die ondersoek na dié projek vir die inwoners van Alexandra wat aan die gang is.

“’n Mens kan Maile se uitlatings net beskou as ’n dwase poging om die waarheid agter die korrupsie te probeer toesmeer,” het Mashaba Maandag in ’n verklaring gesê.

Maile het Sondag gesê bewerings dat geld in die ARP meer as ’n dekade gelede wanbestuur is, “is sonder ’n greintjie waarheid”.

Vroeër is berig Maile het gesê geen enkele persoon kan vir die projek van R1,3 miljard verantwoordelik gehou word nie.

Mashaba het ’n ondersoek laat doen na die projek van 2001 en beweer die ARP is gebruik as ’n “omkoopfonds” vir die ANC en die Johannesburgse metro onder die vorige regering van die stad en vir die provinsiale departement.

“ANC-lede is aangestel om die ARP in Alexandra te bedryf. Uit inligting blyk dit hul taak was om geld aan gekose maatskappye te gee wat minder gedoen het as wat hulle moes, en dan die geld weer aan die ANC teruggegee het.

“Dit is ’n uitgemaakte saak dat die geld wat toegewys is om vooruitgang na Alexandra te bring gesteel is,” het Mashaba beweer.

“Wat na bewering hier gebeur het, is ’n misdaad teen die inwoners van Alexandra én die staat, en dit moet strafregtelik ondersoek word.”

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Lebogang Maile  |  Alexandra  |  Johannesburg  |  Misbruik  |  Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.