Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaung betaal nie sy waterrekening; ‘in gesprek’

Terwyl die Mangaung-metro nie sy waterrekening van R120 miljoen vir Desember en Januarie aan Bloemwater betaal het nie, is die metro in ’n hewige gesprek met rolspelers in Pretoria oor die stad se watertariewe gewikkel.

Adv. Tankiso Mea. Foto: Verskaf

Adv. Tankiso Mea, stadsbestuurder, sê by navraag die inwoners van Mangaung hoef nie bekommerd te wees dat die watertoevoer onderbreek gaan word omdat Desember en Januarie se rekening nie betaal is nie, omdat die metro in gesprek is met Bloemwater, die nasionale tesourie en die departement van waterwese en sanitasie.

“Ons het Pretoria op 21 Februarie besoek om met die drie belanghebbers te vergader en te onderhandel en ons vertrek weer vir ’n gesprek op 7 Maart.”

Mea sê dit gaan oor Bloemwater se tariewe vir die metro, asook ’n dispuutbedrag van sowat R297 miljoen.

Rossouw Botes, DA-raadslid van die metro, sê op ’n raadsvergadering van 22 Junie het hy in die raad teenoor Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Kogta), die saak geopper wat betref die enorme bedrae vir waterverbruik wat uitstaande is.

Die metro skuld in dié stadium honderdmiljoene aan Bloemwater, waarby die dispuutbedrag ingereken is.

Botes sê hy het Leon Basson, DA-LP en nasionale woordvoerder oor water en sanitasie, op 17 Januarie uitgenooi om Bloemfontein te besoek om hom te vergewis van die omstandighede sodat hy op nasionale en parlementêre vlak kan help.

“Dit bly nog altyd ’n onbeantwoorde vraag waar die geld is wat die inwoners getrou maandeliks vir water betaal.”

Meer oor:  Bloemwater  |  Adv. Tankiso Mea  |  Mangaung
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.