Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaung betaal te duur vir vullisvoertuie, sê DA

Die ANC-beheerde metroraad maak dat Mangaung-inwoners te veel betaal weens te duur voertuie vir vullisverwydering, sê Tjaart van der Walt, DA-raadslid van die Mangaung-metro.

Hy sê die DA het vasgestel nuwe vullisverwyderingsvoertuie is onlangs op huurkoop van R3,9 miljoen elk gekoop deur ’n tenderaar wat in die verlede baie publisiteit gekry het. Dit is minstens R2 miljoen meer as die eenheidsprys van ’n voertuig wat met ’n kompakteringshouer toegerus is.

Qondile KhedamaFoto: Mangaung-metro-munisipaliteit

Hy sê die DA gaan aan die stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, skryf en sy kantoor vra vir besonderhede van die huurkoop-ooreenkoms.

Adv. Mea moet verduidelik waarom op dié ooreenkoms besluit is, terwyl ’n goedkoper ooreenkoms beskikbaar was.

Volgens hom kon ’n Nissan UD CWE 330-voertuig in 2017 deur ’n verskaffer vir R900 000 tot R1,3 miljoen gekoop word, met uitsluiting van die kompakteringstoerusting. Die kompakteringstoerusting het toe by die verskaffer tussen R300 000 en R1 miljoen gekos.

Dit beteken dat ’n voertuig wat regstreeks van ’n handelaar gekoop word, sowat R2 miljoen sal kos, wat baie minder is as die R3,9 miljoen op huurkoop.

Van der Walt beskryf dit as skandalig.

Hy sê indien dit die metro se voorkeuraankope-model is, verduidelik dit waarom so baie geld van belastingbetalers vermors word en dienslewering die kreeftegang gaan.

“Die metro kan nie agter die beskerming van die munisipale voorkeuraankope-wette wegkruip nie,” sê Van der Walt.

Hy meen die munisipaliteit het ’n morele verantwoordelikheid om te verseker dat skaars finansiële hulpbronne spaarsamig gebruik word om die maksimum voordeel vir inwoners te verseker.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, sê die voertuie is nie op huurkoop gekoop nie. “Dit is ’n huur-volgens-eie-ooreenkoms-kontrak waarvolgens die voertuie ná drie jaar aan die metro sal behoort.

Rente is by die prys van R3,9 miljoen ingesluit, volgens die betalingsplan van drie jaar. ’n Volledige onderhoudsplan en die handelaarskommissie van 20% is ook hierby ingesluit.

Dit is normale praktyk in alle instellings, privaat en openbaar, sê Khedama.

Die metro het nie genoeg geld om die voertuie kontant te koop nie, sê hy.

“Gegewe die inligting hierbo is dit duidelik die DA se standpunt is verwyderd van enige logika.”

Meer oor:  Anc  |  Tjaart Van Der Walt  |  Metroraad  |  Vullisverwydering  |  Inwoners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.