Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaung-metro: Gevaarligte flikker in kwartaalverslag

Die Mangaung-metro se kwartaallikse begroting- en prestasieverslag is ’n sprekende voorbeeld van hoe ’n munisipaliteit nie regeer moet word nie, sê dr. Elizabeth Snyman van Deventer, raadslid van die VF Plus, ná die stadsraadsvergadering van Vrydag.

Snyman van Deventer sê in ’n nuusverklaring ná die pas afgelope week se skokkende munisipale bestuursuitslae wat deur die ouditeur-generaal (OG) bekend gemaak is, dien die verslag bloot as bevestiging dat die ANC nie daartoe in staat is om ’n munisipaliteit te bestuur nie.

Rooi ligte flikker op feitlik elke bladsy van die verslag vir die kwartaal tot 31 Maart 2019. Dienste van buite-kontrakteurs beloop nagenoeg R200 miljoen en sluit in uitgekontrakteerde dienste, dienste van konsultante en ander kontrakteurs.

Dit is uiters kommerwekkend dat die metro so ’n astronomiese bedrag op uitgekontrakteerde dienste bestee, terwyl daar vir die nuwe begrotingstydperk ongeveer R2 miljard vir salarisse begroot is, maar dienste word nie behoorlik gelewer nie.

Voorts beloop die oortydbetaling wat aan die metro se eie werknemers betaal word, steeds sowat R143 miljoen vir die boekjaar, selfs nadat ’n besluit geneem is dat oortyd beperk moet word.

Volgens Snyman van Deventer verontagsaam die regerende ANC munisipale wetgewing deur die behoorlike funksionering van komitees van kardinale belang te kortwiek. Die finanskomitee van die metro het tydens die pas afgelope week eers vergader oor die kwartaalverslag, terwyl die verslag, sonder die insette van die komitee, reeds gedruk was vir die raadsvergadering van Vrydag.

Dit is ’n blatante verontagsaming van die gesag en sleutelrol wat dié en ander munisipale komitees moet vertolk.

Die metro sal nie van sy finansiële probleme herstel terwyl die bestuur en politieke leierskap nie hul taak ernstig opneem nie. Die koffers van die munisipaliteit is leeg, daar is nie meer beweegruimte vir swak finansiële en algemene bestuur nie.

Die inwoners van Mangaung lei daagliks onder die gevolge van die regerende ANC se algehele onbevoegdheid. As dit nie gestuit word nie sal die metro ondergaan.

’n Magsbalans en verantwoordelike bestuur is nodig. Inwoners moet besef dat die mag in hul hande lê om dit te bewerkstellig, sê Snyman van Deventer.

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Munisipaliteite  |  Vf Plus  |  Munisipale Skuld  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.