Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaung moet R8 m. opdok vir wagte

Die Mangaung-metro in Bloemfontein is deur die hooggeregshof in die stad beveel om die agterstallige R8,4 miljoen wat hy aan ’n veiligheidsonderneming skuld te betaal.

Phiriphiri Security Services pak die skuld hiervoor op die swak bestuur van die metro.

Maxwell Makwarela, eienaar van Phiriphiri, sê in ’n hofverklaring die probleme met betaling het begin toe van die metro se werknemers na ander afdelings geskuif is of bedank het.

Indien die metro nie nou betaal nie, sal hy nie sy werknemers se salarisse kan betaal nie.

Hy sê die gereelde wisseling van personeel van die metro vererger die swak bestuur van die munisipaliteit.

Hy lewer al sedert 1 Desember 2014 veiligheidsdienste aan die munisipaliteit. Toe sy kontrak einde Junie verlede jaar verstryk het, het die metro hom gevra om op ’n maandelikse grondslag voort te gaan.

Van sy 1 400 werknemers het aanvanklik 200 wagte by die metro gewerk, maar dit is later op versoek van die munisipaliteit tot 167 verminder.

Hy sê behalwe al die ander uitgawes, betaal hy ook maandeliks sowat R1 miljoen aan salarisse.

Sedert November is die metro nog elke maand agterstallig met die R1,4 miljoen wat hy maandeliks vir die veiligheidsdienste moet betaal.

Hy sê ondanks ’n belofte van amptenare dat hulle twee agterstallige maandelikse paaiemente sou betaal, is daar verlede maand net een paaiement betaal.

Hy sê tot dusver kon hy die wins uit ander kontrakte, veral een van sowat R5 miljoen per maand met Eskom, gebruik om sy salarisrekening te betaal.

Die kontrak met Eskom het egter in April verstryk. Indien die metro nie nou betaal nie, sal hy nie sy werknemers se salarisse kan betaal nie.

Die hof het gelas die metro moet op 11 Julie, 27 Julie en 17 Augustus telkens R2 829 752 aan Phiriphiri betaal.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Mangaung
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.