Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaung-rommelstatus: VF Plus sal vra vir tesourie-oorsig

Die Mangaung-metro-munisipaliteit is verkeerd om die swak ekonomie, toenemende werkloosheid en verhoogde tariewe as rede van die metro se moontlike rommelstatus aan te voer.

Armand Cloete

So sê Armand Cloete, tot nou woordvoerder van die VF Plus in die Vrystaat wat na die nasionale verkiesing ’n lid van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) word in ’n nuusverklaring.

Hy het gereageer op ’n berig in Volksblad/Netwerk24 van Dinsdag waarin daar gesê word dat die Moody’s-beleggingsgradeerder wat die metro reeds op 2 Mei vanjaar tot Ba3-status afgradeer het, waarsku dat dit verder afgegradeer kan word as daar nie dringende beterskap in die finansies is nie.

Die graderingsagentskap Moody’s het aangedui hy oorweeg dit om Mangaung binnekort tot rommelstatus af te gradeer indien die metro nie dringend sy sake in orde kry nie, sê Cloete.

“Dit is juis swak munisipale bestuur deur die ANC wat die oorsaak van die metro se probleme is. Die ANC is self verantwoordelik vir die bose kringloop van agteruitgang in die metro,” sê hy.

Die metro se finansiële herstelplan is te min te laat, meen Cloete.

“Dié herstelplan is reeds in Junie verlede jaar in werking gestel, maar geen verbetering is sigbaar nie en Moody’s se oorweging om die metro af te gradeer, wys die ANC bied geen werkbare oplossings nie.”

Die metro kan eenvoudig nie dienste lewer, finansiële dissipline toepas en daardeur ekonomiese verseker nie. Die feit dat die metro se laste sy bates oorskry en nie sy verpligtinge kan nakom nie, bewys dat die ANC die oorsaak van die probleem in die metro is, sê Cloete.

Die VF Plus sal die nasionale tesourie amptelik versoek om oorsig te doen in die metro se herstelplan wat, soos die geskiedenis geleer het, nie deur die ANC geïmplementeer sal kan word nie.

“Nasionale tesourie het juis in 2016 gewaarsku teen ’n langtermynlening van meer as R500 miljoen wat die metro in ’n finansieel onvolhoubare posisie geplaas het.

Die metroraad het die waarskuwing geïgnoreer en voortgegaan met die lening,” sê hy.

Intussen bly die metro onder finansiële druk, dienste word nie gelewer nie en belastingbetalers kry nie waarde vir geld nie.

Die VF Plus wil toesien dat munisipaliteite hul grondwetlike verpligting as selfstandige entiteite nakom. Ingryping deur tesourie is nie wenslik nie, maar Mangaung het duidelik nie die politieke wil en vermoë om homself uit sy rommelstatus te red nie, sê Cloete.

Meer oor:  Finansies  |  Vf Plus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.