Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaung se begroting ‘nutteloos’

Die Mangaung-metro se jaarlikse begrotingsproses is nutteloos, aangesien miljoene rande in elk geval ongemagtig bestee word, sê Devar Smit, VF Plus-raadslid.

Devar Smit en dr. Elizabeth Snyman-Van Deventer, raadslede van die VF Plus in die Mangaung-metro. Foto: Verskaf

Die metroraad het Dinsdag ongemagtigde uitgawes van R3,4 miljard gekondoneer.

Smit sê die onvermoë van die ANC-regering om basiese begrotingsbeginsels te verstaan en toe te pas, is verbysterend.

Afwykings van die begroting en noodsaaklike prosesse word bloot geïgnoreer.

Hy sê op ’n spesiale raadsvergadering wat Dinsdag gehou is, is nagenoeg R129 miljoen se ongemagtigde bedryfsuitgawes, wat hoofsaaklik uit oortydbetaling bestaan, asook ongeveer R40 miljoen se uitgawes, goedgekeur.

Ongemagtigde uitgawes mag slegs aangegaan word indien dit noodsaaklik is.

’n Deel van die uitgawes is vir die aankoop van ’n plaas gebruik. Die plaas is vir die ontwikkeling van ’n begraafplaas aangekoop, wat nie noodsaaklik is nie. Die munisipale bestuurder was veronderstel om daarvoor te begroot en beplan.

Hy sê kiesers moet besef die ANC regeer slegs vir eie gewin. “Elke besluit wat die onbevoegde regering maak, spruit óf uit totale onkunde óf uit hul neiging tot selfverryking.” Daar word niks tot die voordeel van die gemeenskap van Mangaung gedoen nie.

Meer oor:  Devar Smit  |  Mangaung  |  Begroting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.