Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaung-skuld: Waterlewering wéér tot 30% verminder

Bloemwater het Maandag weer eens sy watervoorsiening aan die Mangaung-metro weens wanbetaling van R419 miljoen deur die metro aan hom tot 30% van die normale verminder.

Kido Thoabala, Bloemwater-woordvoerder, het in ’n nuusverklaring gesê hulle het geen ander keuse nie.

Kido ThoabalaFoto: Argief

Sy sê die twee instansies het verskeie samespreking oor die kwessie van wanbetaling in die verlede gevoer, waartydens ook ’n dispuut oor die bedrae wat betaal moet word, gehanteer is. Die nasionale tesourie het as bemiddelaar opgetree.

Volgens die mediasieproses, wat op 21 Februarie en 4 Julie beslis is, moes die metro die uitstaande bedrag betaal, maar dit het nie gebeur nie.

Daar is ook op 4 Julie gesê dat indien daar nog ander kwessies is, byvoorbeeld die diensleweringsooreenkoms, staan dit die metro vry om van dieselfde mediasieproses gebruik te maak.

“In die mediasieproses met die nasionale tesourie op 21 Februarie is ooreengekom dat die metro die uitstaande bedrag vanaf Mei 2019 oor 12 maande aan Bloemwater moet afbetaal, en dat Bloemwater die rente daarop sal afskryf.

“Daar moet kennis geneem word dat die metro nie aan die ooreenkoms voldoen het nie. Selfs toe Mangaung die heel tyd in gebreke gebly het om te betaal, het Bloemwater voortgegaan om water ten volle te lewer,” sê Thoabala.

Sy sê dié omstandighede het Bloemwater in ’n ongemaklike posisie geplaas en hy het geen ander keuse gehad nie as om artikel 4(5) van die Waterdienstewet 108 van 1997 toe te pas.

Sy sê die voortgesette wanbetaling van die metro het ’n groot negatiewe bedryfsimpak op die aankoop van rouwater en chemikalieë, betalings aan Eskom vir elektrisiteit, werknemersvoordele, bedryfsprojekte, kapitaal en so meer gehad wat integraal tot die sake van Bloemwater is.

Thoabala sê Bloemwater het op 15 Maart 30 dae kennis gegee vir die betaling van die skuld, gevolg deur nog kennisgewings dat die waterlewering tot 30% verminder gaan word.

Khedama sê die gemeenskap van Mangaung kan verseker wees dat die stad alles in sy vermoë doen om te verseker dat die waterlewering nie onderbreek word nie.

Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester, wat ’n nuwe diensleweringsooreenkoms met Bloemwater moes sluit – soos waaroor op 4 Julie ooreengekom is – het nie haar telefoon geantwoord toe sy twee keer hieroor gebel is nie.

Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van Mangaung, sê dit is nie die bedoeling van die metro om inwoners te verontrief met die voortslepende dispuut tussen Mangaung en Bloemwater nie.

“Mangaung het op 11 Julie R29,2 miljoen aan Bloemwater betaal soos ooreengekom.”

’n Voorstel van die betalingsplan is aan Bloemwater gestuur soos ooreengekom met die nasionale tesourie toe mediasie op 4 Julie plaasgevind het.

“Bloemwater het die afbetalingsplan geïgnoreer en sy waterlewering is nou tot 30% verminder.”

Die metro het steeds ’n dispuut oor onder meer droogtetariewe tussen Februarie en Junie vanjaar.

Volgens die mediasie moes die departement van water en sanitasie eers duidelikheid gee oor die akkuraatheid van die bedrae wat gehef is voordat Mangaung enige betalings sou doen.

Khedama sê die gemeenskap van Mangaung kan verseker wees dat die stad alles in sy vermoë doen om te verseker dat die waterlewering nie onderbreek word nie.

“As ons die hof op ’n dringende grondslag moet nader om in te gryp, sal dit ook gebeur in die belang van die inwoners.”

* Rossouw Botes, DA-raadslid, het bevestig dat die bedrag wat Mangaung tans aan Bloemwater skuld, net meer as R419 miljoen beloop.

Hy sê Patricia Kopane, leier van die DA in die Vrystaat, en Leon Basson, DA-LP en woordvoerder oor water en sanitasie, sal dr. Lindiwe Sisulu, nasionale minister van water en sanitasie, Dinsdag spreek oor die voortslepende waterkrisis in Mangaung.

Hy sê die metro het in Februarie, Maart, April en Junie geen betalings gemaak nie, terwyl daar ook nog ou skuld is wat gedelg moet word.

Botes sê inwoners is intussen woedend omdat dit Maandag die 36ste dag in 15 maande is dat hulle veral in die suide van Bloemfontein geen water het nie, of omdat die waterdruk swak is.

“Ek weet nie waar die geld vandaan gaan kom nie, want Mangaung het nie die R419 miljoen nie,” sê Botes.

* Wouter Wessels, VF Plus-LP, sê hy het ’n brief aan Tito Mboweni, minister van finansies, geskryf om te vra watter besluite in die mediasie-gesprekke geneem is en dat hy moet toesien dat die nasionale tesourie nou ingryp.

“Dit is omdat die inwoners nou al twee jaar onder die gevegte tussen Mangaung en Bloemwater ly.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.