Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaung verloor R233 miljoen se water in 2018

Die Mangaung-metro het verlede jaar meer as 13 miljard liter water verloor weens lekkasies en swak instandhouding.

Gugile Nkwinti, minister van water en sanitasie, het dié inligting bekend gemaak in ’n antwoord op ’n parlementêre vraag van die VF Plus.

Tammy Wessels. Foto: Marietjie Gericke

Tammy Wessels, jeugleier van dié party, sê dit beteken die metro verloor meer as 36 miljoen liter water per dag.

Die waarde van die water wat verlede jaar verlore gegaan het, beloop volgens die metro se tariewe meer as R233 miljoen.

Volgens haar het die metro verlede jaar gereelde watertekorte ervaar weens vervalle waterinfrastruktuur en wanbetaling aan die waterverskaffer, Bloemwater.

Sy sê die metro is die grootste vermorser van water, terwyl vuisvoos betalende inwoners aanhou opdok aan bykomende heffings om water te bespaar.

Indien die metro aanhou om water te vermors deur nie lekkasies te herstel nie, sal sy planne om waterbronne uit te brei van die begin af misluk. Die metro sal net meer water hê om te vermors.

Die party neem ook kennis van Nkwinti se antwoord dat ’n verlaging in die droogtebesparingsheffings (van 20% tot 15%) geregverdig word nadat damvlakke in Mei 2018 verbeter het. Die VF Plus versoek die metro om die droogteheffings aan te pas om verligting aan vuisvoos inwoners te bring.

Die party vra ook dat ’n oudit dringend op die metro se waterpypleidings gedoen word sodat daar vir dringende instandhoudingswerk begroot en beplan kan word.

“Die tyd het aangebreek dat die ANC verantwoordelik gehou word vir sy mislukkings in die Vrystaat.”

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Gugile Nkwinti  |  Tammy Wessels  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.