Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaung-waterskuld ‘nog dié week betaal’
Adv. Tankiso MeaFoto: Argief

Die Mangaung-metro se skuld aan sy waterraad, Bloemwater, sal vandeesweek nog vereffen word, sê adv. Tankiso Mea, stadsbestuurder van die metro.

Die metro skuld Bloemwater die verbruiksrekening van September wat R60 miljoen beloop, plus R22,3 miljoen wat maandeliks as gevolg van ’n afbetalingsooreenkoms betaalbaar is. Dié ooreenkoms is vir die afbetaling van April vanjaar tot Januarie 2019 van agterstallige waterskuld van R268 miljoen.

Mea sê die metro is steeds besig om nog staatsdepartemente en groot sakeondernemings se watertoevoer oor wanbetaling af te sny, sodat hulle die metro kan betaal. Op dié manier kry die metro weer geld in om vir Bloemwater te kan betaal.

Daar is nie ’n rede hoekom die metro nie sy waterrekening aan Bloemwater kan betaal nie.
Rossouw Botes, DA-raadslid en waterkenner van Bloemfontein.

“Ons het heelwat geld ingekry en ’n groot betaling sal reeds Woensdag gedoen kan word. Die res van die geld sal Donderdag of Vrydag betaal word,” sê Mea.

Rossouw Botes, DA-raadslid en waterkenner van Bloemfontein, het vasgestel dat R40 miljoen wel Woensdag betaal is.

Hy sê dit is ontstellend dat belastingbetalers van Bloemfontein en die res van die dorpe in die metro-gebied in sulke onsekere tye moet leef en nooit weet of hulle water gaan hê nie.

“Ons is dankbaar vir die betalings wat gedoen gaan word om te keer dat Bloemwater krane tot 30%-lewering toedraai.”

Botes sê die ergste is dat die inwoners rekenings van September vir waterverbruik betaal het en dat diegene met voorafbetaalwatermeters ook reeds vir water betaal het.

“Daar is nie ’n rede hoekom die metro nie sy waterrekening aan Bloemwater kan betaal nie.”

* Die toevoer van sekere staatsgeboue soos dié aan die buitewyke van Bloemfontein wat aan openbare werke behoort, is reeds afgesny, terwyl die hoofkantoor van openbare werke se toevoer nie gestaak is nie. Ander staatsgeboue soos dié waaruit die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie werk, se lewering is ook gesny.

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Bloemwater  |  Adv. Tankiso Mea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.