Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mangaungers bekommerd oor watertoevoer en beurtkrag

Bloem Water kan die Mangaung-metro se watertoevoer met 30% verminder omdat die metro nog nie sy skuld van R120 miljoen vir September en Oktober betaal het nie, het Rossouw Botes, DA-lid in die metroraad, gewaarsku.

Pleks van ’n rustige Kerstyd en skoolvakansie is inwoners baie bekommerd oor waterlewering en beurtkrag.

Hy het daarop gewys dat water en krag die twee belangrikste komponente van munisipale dienslewering is.

Rossouw Botes, DA-raadslidFoto: Netwerk24

Volgens Botes het die metro in September R42 miljoen te min van sy waterrekening betaal. Hy skuld R56 miljoen op sy Oktober-rekening, plus nog R22,3 miljoen wat maandeliks volgens ’n ooreenkoms voor 7 Desember betaal moet word.

Adv. Tankiso Mea, stadsbestuurder van die metro, wat vroeër gesê het dat daar ’n dispuut tussen die metro en Bloem Water oor die droogtetarief is, het by navraag gesê hy is in ’n vergadering en kan nie kommentaar lewer nie.

Qondile Khedama, woordvoerder van die metro, het ook nie op talle oproepe gereageer nie.

Botes het daarop gewys dat beurtkrag ook die nasien van die matriekvraestelle kan ontwrig.

“Beurtkrag kan die hele program van die nasieners omver werp. Dit kan veroorsaak dat vraestelle nie betyds aan die Vrystaatse onderwysdepartement gelewer word nie en dat matrikulante dalk nie betyds hul uitslae sal kan kry om aansoek by universiteite of kolleges te doen nie.”

Lele Mamatu, kommunikasiebestuurder van CentlecFoto: Lele Mamatu

Sowat 1 000 mense sal Woensdag in Bloemfontein met die merk van vraestelle begin.

By die Martie du Plessis Skool, wat een van die nasiensentrums is, moet drie etes daagliks vir 240 mense gemaak word. Nasieners bly ook in die koshuise by die Hoër Meisieskool Oranje en daar moet vir hulle kos gemaak word.

Botes het gesê hy het met Centlec, die elektrisiteitsverspreider van die metro, gepraat om te hoor hoe die nasiensentrums gehelp kan word.

Lele Mamatu, woordvoerder van Centlec, het gesê skole waar nasiensentrums ingerig word, moet met die Vrystaatse onderwysdepartement in verbinding tree.

“Die Vrystaatse onderwysdepartement sal Centlec dan inlig oor die kritieke plekke waar beurtkrag nie toepas moet word nie. Ons is in beheer van die situasie en weet daarvan,” sê Mamatu.

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Bloem Water  |  Centlec  |  Rossouw Botes  |  Lele Mamatu  |  Munisipale Skuld  |  Watertoevoer  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.