Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mashaba: Koalisie takel agterstand met krag-infrastruktuur

Die opgeknapte substasie in Rooseveltpark in Randburg, Johannesburg, is Vrydag deur , burgemeester, geopen.

City Power het die substasie teen R133 miljoen opgeknap ná verskeie kragonderbrekings die afgelope jare wat inwoners radeloos gehad het.

“Net drie maande nadat ek die burgemeester geword het, is ek deur gegriefde inwoners gekonfronteer oor die talle kragonderbreking wat hulle ondervind,” sê Mashaba.

“Die toerusting van die substasie is 65 jaar oud en is in die afgelope 25 jaar nie opgeknap nie. Dit was in ’n skokkende toestand toe my administrasie oorgeneem het.

“Die agterstand met die instandhouding van infrastruktuur in die stad sal R17 miljard kos om uit te wis. Dit maak die taak om betroubare elektrisiteitstoevoer vol te hou, uitdagend.

“Die koalisieregering het hard gewerk om die agterstand te takel sodat inwoners betroubare kragtoevoer van gehalte kan hê.”

Hy sê hulle het die afgelope drie jaar miljarde rande vir die opknapping van 13 substasies oor die stad heen bewillig.

Die Rooseveltpark-substasie het nou twee nuwe 88 kV-toevoerlyne van die Delta-substasie, wat beter stabiliteit vir die volgende 40 jaar sal verseker.

Daarbenewens het die substasie vier 45 MVA-transformators en moderne beheerpanele. Dit is ook heelwat veiliger vir tegnici om aan die substasie te werk.

Mashaba het die DA en lede van die koalisieregering van die IVP, ACDP, COPE, UDM en die VF Plus bedank.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Randburg  |  Johannesburg  |  Substasie  |  Opknapping  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.