Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mashaba ontevrede ná vergadering ontwrig word
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, praat Maandagaand met joernaliste nadat ’n vergadering met die inwoners van Alexandra ontwrig is. Foto: News24

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Maandagaand sy misnoeë te kenne gegee oor die wyse waarop ’n beoogde vergadering met die inwoners van die Alexandra-township ontwrig is.

“Die Stad Johannesburg was oorgehaal om na die kwelpunte van die mense van Alexandra op die ontwikkelingsbeplanningsessie in Marlboro te luister,” het Mashaba later die aand luidens ’n verklaring gesê.

’n Groep, wat volgens Mashaba aan die Alexandra TotalShutdown-beweging behoort, was volgens hom verantwoordelik vir die ontwrigting van die vergadering.

“Hulle was in die minderheid, maar het botweg geweier dat die verrigtinge voortgaan. Die ontwrigting het selfs aangehou nadat ’n griefskrif deur die inwoners aan ons oorhandig is.

“Dit is duidelik dié groep wou verhoed dat gewone mense ’n spreekbeurt kry. Hulle wou ook nie hê dat ons na hul kwessies luister nie,” sê Mashaba.

“Die stad is bewus van die kwessies waaroor die mense van Alexandra ontevrede is. Dit sluit oorbevolking en behuising, toegang tot gesondheidsorg en maatskaplike dienste, veiligheid en wetstoepassing, die lewering van basiese dienste en die gebrek aan ekonomiese ontwikkeling in.

“Ons het reeds begin om hierdie probleme te pak om die situasie in Alexandra te verbeter,” sê Mashaba.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Alexandra  |  Ontwrigting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.