Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mashaba wil onwettige ontwikkelinge vasvat

Herman Mashaba, burgemeester van die Johannesburg-metro, is vasbeslote om bouprojekte wat onwettig krag, water of riolering gebruik, hok te slaan.

Die metro wil ontwikkelinge identifiseer wat nie aan die bouvereistes voldoen nie, het Luyanda Mfeka, Mashaba se woordvoerder, Dinsdag gesê.

Die metro het met sy Buya Mthetho-projek verlede Woensdag vasgestel dat hy byna R9 miljoen se inkomste verloor het weens drie ontwikkelinge se onwettige verbindings.

“Dit is ’n belediging vir al die inwoners van Johannesburg.”

Hy sê die vorige ANC-bewind in die metro het onwettige ontwikkelinge oogluikend toegelaat en die wetsgehoorsame burgers verder belas met jaarlikse tariefstygings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.