Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Masilonyana-raad skuld Eskom R70 m.

Die Masilonyana-munisipaliteit (Brandfort, Theunissen en Winburg), wat volgens art. 139 (1) b onder administrasie was, het nou ’n brief van Thembeni Nxangisa, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), wat sê dat dit nie meer die geval is nie, al skuld hy Eskom nog R70 miljoen.

Leona KleynhansFoto: Argief

Leona Kleynhans, DA-LPW, het Vrydag op ’n wetgewersitting gesê die ANC-regering het die inwoners van Masilonyana in die steek gelaat.

Kleynhans glo die besluit oor Masilonyana is irrasioneel as daar in ag geneem word dat die munisipaliteit in die 31 maande dat hy onder administrasie was, net verder agteruit geboer het.

“Dienslewering bestaan feitlik nie met voortdurende water-onderbrekings en werknemers wat oor die niebetaling van salarisse staak,” sê sy.

“Op dieselfde dag as wat die LUR se brief by die munisipaliteit afgelewer is, is ’n ander brief van Eskom afgelewer waarin die munisipaliteit ingelig word dat die voorsiening van grootmaat-elektrisiteit weens skuld opgeskort gaan word.”

Kleynhans sê die Eskom-skuld het te midde van provinsiale ingryping binne ’n jaar met 20% van R54 miljoen tot R70 miljoen toegeneem.

Dié munisipaliteit is in Oktober na die parlement se staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) ontbied as een van die twee swaks presterende munisipaliteite wat oudit-uitkomste betref.

Die Mafube-munisipaliteit (in die Frankfort-omgewing), wat ook onder administrasie is, is ook ontbied.

“Dit is duidelik dat die bankrot en kreupel munisipaliteite swakker daaraan toe is onder die provinsiale ANC-regering as onder die onbekwame ANC-beheerde munisipaliteite. Dit is tyd dat die provinsiale regering sy grondwetlike oorsigrol, wat hy jare lank versuim het, begin vervul.”

“Dit is duidelik dat die bankrot en kreupel munisipaliteite swakker daaraan toe is onder die provinsiale ANC-regering as onder die onbekwame ANC-beheerde munisipaliteite.
DA

Die DA gaan aan die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se verkose Cogta-komitee skryf om die LUR te ontbied sodat hy aan die parlement kan verduidelik hoe Masilonyana se toekoms lyk.

Armand Cloete, VF Plus-NRP, sê sy party glo munisipaliteite moet onafhanklik funksioneer en hoe minder daar vanuit provinsiale en nasionale vlak ingemeng word, hoe beter.

“Die rede vir die mislukkings in ons munisipaliteite is eenvoudig. Die ANC is meer behep met raskwotas en baantjies vir boeties in belangrike poste as dienslewering.

Kundige amptenare wat kritieke poste moet vul, bestaan nie meer nie.”

Nxangisa sê dit is nie waar dat die krag afgesny gaan word nie.

“Eskom wil met die Masilonyana-munisipaliteit praat oor die toegelate hoeveelheid krag wat ’n munisipaliteit maandeliks mag gebruik.”

Meer oor:  Skuld  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.