Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Masina verwelkom SOE-ondersoek

Mzwandile Masina, burgemeester van die Ekurhuleni-metro, sê hy verwelkom die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na die metro se vervoerdepartement.

Die presidensie het Vrydag ’n mediaverklaring uitgereik wat bevestig pres. Cyril Ramaphosa het die SOE opdrag gegee om die departement te ondersoek.

“In Ekurhuleni sal die ondersoek op twee projekte fokus, die Vosloorus-hospitaalvervoer- en die Bluegum View- openbare vervoerfasiliteit,” lui die metro se mediaverklaring.

“Die SOE sal die bewerings ondersoek dat die verkrygingsprojekte in Februarie 2014 ongemagtig, onreëlmatig of vrugteloos en verkwistend was.

“Dié soort ingrypings is noodsaaklik as daar vermoedelik oortredings of wanadministrasie in enige projek is,” sê Ma­sina. “Ons verwelkom die ingryping en sal ons volle samewerking in hierdie verband gee. Ons werk met die publiek se geld en aanspreeklikheid is nie onderhandelbaar nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.