Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Matika se bedanking ‘bittersoet oorwinning’

Die bedanking van Mangaliso Matika Maandagaand as uitvoerende burgemeester van Kimberley is volgens opposisiepartye ’n bittersoet oorwinning vir inwoners.

Hulle meen die “Matika-sage” behoort ’n ontnugterende les vir die ANC te wees.

Hul opmerkings volg op die ANC se nasionale en provinsiale komitee se ingryping ná ’n hofgeding en verskeie plaaslike betogings, waarna Matika sy burgemeestersketting ingehandig het.

Mangaliso MatikaFoto: Christiaan Cloete

Sy bedanking volg op sy geslaagde hofgeding teen die DA nadat dié party hom op 25 Julie vanjaar deur ’n mosie van wantroue op ’n spesiale raadsvergadering onttroon het. Altesame 11 ANC-lede, asook ander raadslede, het die mosie gesteun.

Die hof het verlede week bevind die betrokke raadsvergadering en besluite was onregmatig.

Die hofgeding het gevolg op etlike betogings van inwoners wat teen hoë elektrisiteitstariewe te velde getrek het. Die laaste betoging het in geweld en plundery ontaard.

Die ontevrede inwoners het die verwydering van die munisipale bestuurder en die finansiële hoof, asook Matika se bedanking geëis. Die amptenare is tydelik geskors hangende ’n tugverhoor.

Die departement van samewerkende regering is besig met ’n forensiese ondersoek by die munisipaliteit.

Chris Liebenberg, uitvoerende sekretaris van Cope, sê die provinsie wankel omdat twee ANC-faksies, gelei deur Zamani Saul, die ANC se provinsiale voorsitter, en Sylvia Lucas, premier, dit beheer.

Die nuwe burgemeester sit met ’n diep verdeelde raad.
Wynand Boshoff, die VF Plus se provinsiale leier.

“Sy bedanking is ’n bittersoet oorwinning. Die bitterheid van die Matika-sage is dat Kimberley se ekonomie deur die betogings benadeel en infrastruktuur beskadig is. Dienslewering is verder verswak.

“Ons verwag ook nie veel van die forensiese ondersoek nie. Die begrotingsproses was nie deursigtig nie en dienslewering gaan daaronder verswak.”

Liebenberg meen hoewel die DA en ander partye die hofgeding teen Matika verloor het, het dit getoon dat samewerking tussen opposisiepartye belangriker as politiekery is.

Andrew Louw, DA-leier, sê Matika se bedanking is ’n “oorwinning vir ons, en ontnugterend vir die ANC”.

“Matika het geld wanbestuur en munisipale kontrakte aan sy vriende gegee terwyl hy ’n lewe van luuksheid gelei het. Die jare waarin infrastruktuur, soos die rioolstelsel en paaie, nie onderhou is nie, het geweldige agterstande veroorsaak, wat die ekonomie benadeel het.

“Die ANC kan nie inwoners meer misken nie.

“Die era van Matika-gekheid is nog nie verby nie. Sy meeloper, Ruth Sebolecwe, waarnemende munisipale bestuurder, moet gestuit word.”

Wynand Boshoff, die VF Plus se provinsiale leier, sê die kwelling is hoe ’n nuwe burgemeester die kragtariewe gaan struktureer en die skorsing van die betrokke amptenare hanteer, veral as hulle onskuldig bevind word.

“Die nuwe burgemeester sit met ’n diep verdeelde raad.”

Meer oor:  Mangaliso Matika  |  Kimberley  |  Bedanking  |  Anc  |  Burgemeester  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.