Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Matjhabeng se 139 plase verpand, minister antwoord

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het gesê die Matjhabeng-munisipaliteit het reg opgetree deur 139 plase as sekuriteit vir skuld aan Eskom te gee.

Die minister het skriftelik geantwoord op ’n reeks vrae wat Armand Cloete, VF Plus-lid in die provinsiale wetgewer, omtrent die veelbesproke plase gestel het.

Cloete het onder meer gevra wat die waarde van die plase is en of die minister die munisipaliteit leiding gegee het om die plase as sekuriteit te oorhandig.

Eskom het verlede jaar beslag gelê op die munisipaliteit se bankrekening waarin R371 miljoen was.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma

Dié beslaglegging was nadat ’n hofbeslissing in 2014 in Eskom se guns was.

Dlamini-Zuma het gesê die munisipaliteit was ná die beslaglegging gedwing om ’n keuse te maak om óf die plase as sekuriteit te gee óf om die bedrag van R371 miljoen in sy bankrekening te verloor.

Dlamini-Zuma het gesê indien die munisipaliteit die geld verloor het, sou dit dienslewering benadeel het en kon selfs daartoe lei die munisipaliteit in duie stort.

“Die besluit is geneem met in ag neming daarvan dat daar nog ’n hangende lasbrief vir R2,8 miljard van Eskom teen die munisipaliteit is.”

Dlamini-Zuma het gesê die plase is na raming R2,5 miljard werd.

Sy sê hoewel die munisipaliteit nie in die besluit geraadpleeg is nie, het die munisipaliteit vooraf regsadvies by die maatskappy Bokwa Law Inc. ingewin.

Die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake steun die munisipaliteit om sy finansiële bestuurstelsels te verbeter.

Die oogmerk is om die munisipaliteit se vermoë om Eskom te betaal te verbeter.

Dlamini-Zuma het gesê dat Cogta op nasionale vlak kyk na ’n holistiese manier om probleme rondom Eskom op te los.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Munisipaliteite/eskom-kry-139-plase-as-sekuriteit-vir-kragskuld-20200915

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.