Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Meer as 100 erwe van staat in NMB is onbenut

Meer as 100 erwe in die Nelson Mandelabaai-gebied wat aan die staat behoort, staan tans leeg.

In ’n onlangse oorsigbesoek van die Oos-Kaap se portefeuljekomitee oor openbare werke het dit aan die lig gekom dat 132 van die 878 erwe van die provinsiale regering “leegstaan”.

Die grond staan ongebruik sonder enige planne vir toekomstige bouwerk of hoe dit benut gaan word.

Edmund van Vuuren, DA-woordvoerder vir openbare werke in die provinsie, sê in Algoa Park word 15,2 ha grond nie gebruik nie.

As die grond nie gebruik word nie, kan dit daartoe lei dat mense die grond beset, onwettig rommel en ander materiale daar stort en ander probleme veroorsaak.

“Grond en geboue is ’n ekonomiese hulpbron wat optimaal benut moet word.”

Volgens Van Vuuren het ’n besoek aan skole in Nelson Mandelabaai getoon dat bouwerk by die Bhongweni Public Farm School, Bethelsdorp Comprehensive School en die Jubilee Park Primary School stilstaan omdat die regering nie die geld beskikbaar gestel het om die projekte te voltooi nie.

Die komitee het ook bevind dat 73 uit die 270 huise in die metro wat aan die regering behoort, onwettig beset word. Dit sluit staatsamptenare in wat van die huise bewoon sonder om huur te betaal.

“As die komitee het ons ’n opvolgverslag geëis oor hoe die probleme aangepak gaan word. Die verslag moet voor die opvolgbesoek in Julie bekend gemaak word,” sê Van Vuuren.

Meer oor:  Edmund Van Vuuren  |  Oos-Kaap  |  Nelson Mandelabaai  |  Erwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.