Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Metro betwis R20 miljoen vir ontsouting

Die Kaapstadse metroraad betwis dit dat hy meer as R20 miljoen skuld aan ’n diensverskaffer wat die tydelike ontsoutingsaanleg in die V&A Waterfront gebou en bedryf het.

Die V&A Waterfront in Kaapstad, met Tafelberg in die agtergrond. Foto: Getty Images

Daar is ’n “paar dispute” oor die bedrae waarvoor Quality Filtration Systems (QFS) fakture uitgereik het, het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en vullisdienste, Maandag gesê. “Die metroraad is bereid om die bedrae wat ons ingenieur goedgekeur het, te betaal.”

Dit volg nadat QSF Vrydag bekendgemaak het dat hy die metroraad vir “kontrakbreuk” gaan dagvaar.

Herman Smit, bedryfsdirekteur van QSF, sê die kontrak vir een van die stad se drie tydelike ontsoutingsaanlegte is in Januarie 2018 toegestaan en QSF het die installasie van die aanleg gedeeltelik befonds.

“Ons dagvaar die metroraad omdat hy nie die betalings volgens die kontrak gedoen het nie. Die kontrak se aanvanklike waarde was R53 miljoen, waarvan slegs R1,7 miljoen betaal is. Tot op datum word ons meer as R20 miljoen geskuld.”

Smit sê van die dispute oor die betaling van die kontrak

bly onopgelos en die hooggeregshof is genader om seker te maak dat die metroraad vir bemiddeling sou vergader.

“Ons was vyf dae in bemiddeling met vyf prokureurs en een advokaat en kon geen oplossing vind nie.

“Bemiddeling het op 8 April geëindig en die metroraad kon geen geldige rede vir niebetaling verskaf nie.” Dié bemiddeling het die metroraad glo R3 miljoen uit die sak gejaag, volgens QFS.

Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en vullisdienste. Foto: Jaco Marais

Limberg sê die metroraad sal eers kan bepaal of hy die hofaansoek sal betwis as hy die hofdokumente onder oë gehad het.

Sy hou ook vol dat daar geen bemiddelingsverslag is wat die metroraad van publikasie weerhou nie.

“Die verrigtinge van die bemiddeling word onderwerp aan ’n vertroulikheidsooreenkoms waartoe albei ingestem het.”

Volgens QFS is meer as 181 000 kiloliter water van die vereiste gehalte deur die aanleg aan die waternetwerk gelewer en is dit teen ’n aangepaste prys aan inwoners verkoop.

“Die metroraad sê nou dat die water wat hy teen ’n premietarief verkoop het, nie aan die spesifikasies voldoen het nie.”

QFS het op 31 Oktober 2018 ’n dringende interdik bekom om die metroraad te dwing om met bemiddeling voort te gaan.

Meer oor:  Xanthea Limberg  |  Kaapstad  |  Ontsouting  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.