Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Metro, Gautrein in Sandton kom ooreen oor water

Watertoevoer by die Gautrein-stasie in Sandton sal na verwagting binnekort weer herstel wees nadat die Johannesburgse metro ’n skikking buite die hof met die Gautrein-operateur, Bombela Concession Company, bereik het.

Die watertoevoer is in September afgesny nadat die huurder van die Gautrein-stasie, Cedar Park Properties, sedert 2013 nie munisipale tariewe betaal het nie.

Volgens Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het die eiendomsmaatskappy versuim om skuld van sowat R8 miljoen te vereffen wat die afgelope jare opgehoop het.

Mashaba het in die verklaring gesê dat die Gautengse provinsiale regering en die Bombela Concession Company ’n saak teen die stad geopen het.

“Die stad en die eienaars van die Gautrein het egter ’n skikking buite die hof bereik wat daartoe gelei het dat die saak teruggetrek word.”

“Die stad het ook ingestem om die Gautrein-stasie in Sandton van sy eie watermeter te voorsien.

“Die nuwe watermeter sal binne twee dae geïnstalleer word nadat die Bombela Concession Company die stad R120 000 betaal het vir die voormelde wateraansluiting en gepaardgaande installasiekoste.”

(https://www.news24.com/SouthAfrica/News/city-of-johannesburg-sandton-gautrain-operator-reach-agreement-over-water-cuts-20191001)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.