Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Metro lok in pandemiejaar R11 miljard, skep 7 500 poste
’n Skermgreep van die besprekings wat deur Zoom plaasgevind het.

Die Kaapstad-metro het in die pandemiejaar R11,27 miljard se beleggings gelok en meer as 7 500 nuwe werksgeleenthede geskep.

Dit is gedoen danksy Invest Cape Town, die metro se portaal vir beleggingsbevordering, asook sy beleggingseenheid, sê die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, James Vos.

Die metro het Woensdag met susterstede in China in gesprek getree oor ekonomiese en toerismegeleenthede “om die boodskap verder te vestig dat Kaapstad oop is vir sake”.

Vos het ’n virtuele bespreking met verteenwoordigers van Hangzhou en die Zhejiang-provinsie in China gefasiliteer.

Die besprekings het Woensdag veral op beleggingsbevordering gefokus.

Vos sê dit was “wonderlik om kennis te maak met mense wat ewe geesdriftig oor hul stad” is.

Die bespreking is ook bygewoon deur Du Shigen, adjunkdirekteur in die kantoor van buitelandse sake in Hangzhou, Zheng Yongbiao, adjunkdirekteur van die Hangzhou-handelsburo, en Chen Weihang, hoof van die buitelandse beleggingsafdeling van die internasionale beleggingsbevorderingsentrum in die Zhejiang-provinsie.

In die besprekings het die Kaapstad-metro en Hangzhou hul ekonomiese aksieplanne met mekaar gedeel.

Volgens Vos is ’n belangrike uitkoms dat ’n opvolg-bespreking tussen Hangzhou en die Atlantis- Spesiale Ekonomiese Sone gereël word om beleggings te bevorder en sakegeleenthede in Kaapstad en Hangzhou te deel.

“Die tweelingstad-ooreenkoms tussen die metro en Hangzhou wat in September 2015 begin is, het ons in staat gestel om briljante internasionale praktyke te deel oor hoe om handel en beleggings te lok, en is vir albei stede tot wedersydse voordeel,” sê Vos.

Volgens hom is die oorspronklike ooreenkoms met Hangzhou gesluit in die hoop om belegging- en toerisme-geleenthede in die twee stede te bevorder.

“Albei stede is ook belangrike opvoedkundige middelpunte, en daarom is verskeie akademiese en kulturele uitruilprogramme al aangevoer,” sê Vos.

Die tweelingstad-ooreenkoms tussen die metro en Hangzhou wat in September 2015 begin is, het ons in staat gestel om briljante internasionale praktyke te deel oor hoe om handel en beleggings te lok, en is vir albei stede tot wedersydse voordeel.

Die missie is om Kaapstad dié stad in Afrika vir reis en handel te maak.

“Op grond van Woensdag se besprekings kan ek met vertroue verklaar dat Kaapstad steeds aansienlike beleggings trek en as ’n belangrike sakebestemming geag word.

“Hoewel die staat van inperking ’n invloed op ons gehad het, is Kaapstad steeds ’n toekomsgerigte stad wat wêreldwyd kan meeding en aantreklike geleenthede met laer bedryfskoste vir beleggers bied,” sê Vos.

Die Kaapstad-metro het ook ooreenkomste met onder meer Dubai, Buenos Aires, München en Rio de Janeiro.

Meer oor:  Pandemie  |  Kaapse Metro  |  Beleggings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.