Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Metro wil appelleer teen uitspraak oor Wonderboom

Die Tshwane-metro gaan appelleer teen die hooggeregshof-uitspraak Woensdag wat Ntiyiso Consulting se kontrak om die Wonderboom-lughawe te bestuur opgeskort het.

Regter Natvarlal Ranchod het ook gelas dat die metro binne 15 dae ’n behoorlik gekwalifiseerde lughawebestuurder aanstel.

Die Wonderboom-lughawe-belangegroep het die metro en Ntiyiso Consulting hof toe geneem om die kontrak opgeskort te kry.

Luidens hofdokumente meen die belangegroep dat Ntiyiso Consulting aangestel is sonder dat behoorlike konsultasie plaasgevind het of die korrekte prosedures gevolg is. Die groep het ook aangevoer dat Ntiyiso Consulting geen ondervinding in die bestuur van ’n lughawe het nie.

Die metroraad het Donderdag in ’n verklaring gesê “hoewel hierdie administrasie groot agting vir die regspraak het, gaan ons weens deurslaggewende oorwegings teen hierdie besluit appelleer”.

Stevens Mokgalapa, die Tshwane-metro se uitvoerende burgemeester, sê in die verklaring daar gaan appelleer word ten einde die lughawe “weer tot sy volle potensiaal en so winsgewend as moontlik te kan bedryf”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.