Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Metroraad kyk gratis of jou motor padwaardig is

Die Kaapse metroraad en verkeersdepartement span Operasie Exodus in om die paaie oor die Paasnaweek te beveilig wanneer die verkeersvloei na en uit die Moederstad toeneem.

Die departement het Vrydag begin om die padwaardigheid van langafstandbusse en minibustaxi’s gratis te toets. Sleepwaens is ook getoets.

Voertuie, minibustaxi’s, busse en private motors kan hul voertuie gedurende die Paasvakansie laat toets.Foto: Verskaf

Private voertuie sal op Maandag 15 April en Donderdag 18 April getoets word.

Die toetse word onder meer in die Bellville- en Joe Gqabi-verkeersafdeling gedoen, sowel in by die Intercape- en Greyhound-busdepots.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê die algemeenste probleme is foutiewe remme, skokbrekers en bande.

Dié toets sal defekte aandui wat motorbestuurders nie van bewus was nie. Foto: Verskaf

Smith sê die veiligheidstoetse is heeltemal vrywillig.

“Sommige operateurs maak gebruik van die geleentheid om hul eie en passasiers se gemoedsrus te verseker. Baie ander doen dit nie. Dit is omdat sommige bewus is daarvan dat hul voertuie en bestuurders nie op standaard is nie,” sê hy.

Hy sê Operasie Exodus help bestuurders om probleme waarvan hulle nie bewus was nie te identifiseer.

Smith sê indien ’n voertuig onpadwaardig is, sal die bestuurder die geleentheid kry om die voertuig te laat herstel en te laat hertoets.

“Onpadwaardige minibustaxi’s en busse sal nie toegelaat word om passasiers te vervoer nie. Ons wil die veiligheid van die passasiers verseker,” sê hy.

Smith sê 34 mense is verlede jaar op Paasnaweek op die Wes-Kaapse paaie dood.

“Ek hoop regtig dat dit nie hierdie jaar weer die geval gaan wees nie,” sê Smith.

Getoetse voertuie wat padwaardig verklaar is, sal ’n plakkertjie kry om die toetsproses by kontrolepunte te bespoedig.

*Die volledige lys van toetssentrums is HIERbeskikbaar.

Meer oor:  Kaapse Metroraad  |  Kaapstad  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.