Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Metroraad veil strandhuis(ie) in Clifton op

Dit is nog nie duidelik wanneer of hoekom die Kaapse metro ’n klein strandhuis in Clifton bekom het nie, maar nadat die amper 90-jarige huurder daar uitgetrek het, word dié gesogte eiendom opgeveil.

Volgens die ClareMart Auction Group, wat dié veiling hanteer, is dit uiters raar vir die metroraad om só ’n eiendom te besit.

Die strandhuis wat aan die Kaapse metroraad behoort by Clifton se vierde strand. Foto: Verskaf
Die Kaapse metroraad se strandhuis wat binnekort opgeveil word, is ideaal geleë tussen Clifton se derde en vierde strand. Foto: Verskaf

Die klein strandhuis in Fourth Beach Way 45 is volgens ’n nuusverklaring “ideaal geleë tussen Clifton se derde en vierde strand met asemrowende uitsigte oor Kaapstad se pragtigste strande en Tafelberg”.

Dit is naby aan die Victoriastraat-trappe wat toegang tot die strand en die pad van die eiendom af vergemaklik.

Andrew Koch van ClareMart waarsku egter die “klassieke Clifton-strandhuis” is nie in ’n goeie toestand nie. “Dit is moontlik dat kopers die eiendom dalk van voor af sal wil ontwikkel, maar jy kan nie vir meer vra wat die ligging betref nie en die erf van 357 m² is ’n goeie grootte vir ’n Clifton-eiendom.”

Stuart Diamond, die burgemeesterskomiteelid van bates en geriewebestuur, sê die strandhuis is voorheen slegs verhuur.

’n Lugskoot van die Kaapse metroraad se strandhuis wat binnekort opgeveil word. Foto: Verskaf

Die vorige huurder het ’n langtermynkontrak van 20 jaar gehad met die opsie om die eiendom te koop. Die huurder wou dit egter nie koop of sy kontrak hernu nie omdat hy byna 90 jaar oud is. Hy het kennis gegee om die kontrak te beëindig.

“Volgens die huurkontrak was die huurder verantwoordelik vir die algehele instandhouding van die eiendom,” sê Diamond.

“Weens sy slegte gesondheid is die eiendom ongelukkig nie optimaal instand gehou nie.”

Diamond sê die metro het toe voortgegaan met die proses om van die eiendom ontslae te raak.

Volgens Diamond oorweeg en identifiseer die metroraad voortdurend eiendomsbates wat nie meer vir munisipale doeleindes gebruik word nie.

Diamond sê die opbrengs sal gebruik word om die metro se infrastruktuurprojekte te befonds.

  • Die huis word op Dinsdag 27 Maart om 13:15 by die One & Only Hotel in die V&A Waterfront opgeveil.
Meer oor:  Kaapstad Metro  |  Clifton  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.