Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Midvaal is SA se toppresterende munisipaliteit

Die Midvaal-munisipaliteit in Meyerton is Suid-Afrika se toppresterende munisipaliteit wat bestedingsbeheer betref, sê Municipal IQ in sy “Dodgy Expenditure Monitor”. Wat distriksmunisipaliteite betref, is die Wes-Randse distriksmunisipaliteit die beste.

Municipal IQ het metro’s, distriks- en plaaslike munisipaliteite landwyd op ongemag­tigde, onreëlmatige, asook vrugtelose en verkwiste uitgawes in die 2014-’15-boekjaar beoordeel. Dié uitgawes word as “agterdogtige uitgawes” beskryf en is op inligting van die ouditeur-generaal gegrond (sien kassie hiernaas).

Die vlakke van hierdie drie uitgawes word bereken as ’n persentasie van die munisipaliteit se jaarlikse werklike uitgawes waarvoor begroot is. Hoe laer die persentasie “agterdogtige uitgawes”, hoe beter is die bestedingsbeheer.

Byvoorbeeld, Kaapstad is die top-metro, met geen ongemagtigde of vrugtelose en verkwiste uitgawes nie en ’n “taamlik lae vlak” van onreëlmatige uitgawes (R1 miljoen). Sy vlakke van onreëlmatige uitgawes is 0% in verhouding tot sy begroting.

Die Ekurhuleni-metro aan die Oos-Rand is tweede met 0,3%.

Die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit spog ook met 0%.

Mike Moriarty, DA-kieshoof in Midvaal, het die munisipaliteit en sy burgemeester, Bongani Baloyi, geloof en gesê dit toon dat die geld reguit na dienslewering en werkskepping gaan.

Die munisipaliteite Mogale (Krugersdorp) en Merafong (Carletonville) is onderskeidelik agtste en 11de op die lys, ook met 0%.

Die Lesedi-munisipaliteit (Heidelberg) het met 19,2% die swakste in Gauteng gevaar.

Emfuleni (Vanderbijlpark) se ongemagtigde, onreëlmatige en vrugtelose en verkwiste uitgawes maak 7,8% van sy begroting uit.

Municipal IQ sê in geld gemeet, het Gautengse munisipaliteite die hoogste ongemagtigde uitgawes.

Kevin Allan, besturende direkteur van Municipal IQ, waarsku egter dat “ordentlike” boekhouding van uitgawes ’n “noodsaaklikheid” is, maar dit is nie ’n voldoende aanduiding van finansiële bestuur nie.

“Dit is maar ’n enkele aanwyser van ’n munisipaliteit se vermoë om diensleweringsprogramme uit te voer.”

Ongemagtigde uitgawes: Dit verwys na oorbesteding van die goedgekeurde begroting. Onreëlmatige uitgawes: Uitgawes wat nie in ooreenstemming met onder meer munisipale wetgewing aangegaan is nie. Vrugtelose en verkwiste uitgawes: Dié uitgawes kon vermy word as redelike sorg uitgeoefen was.

Meer oor:  Midvaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.