Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Miljoene rande se skade toe pyp in Welkom bars

Skade van miljoene rande is naby die watertoring in Riebeeckstad, Welkom, aangerig toe ’n munisipale waterpyp die soveelste keer gebars het.

Skade van miljoene rande is in Riebeeckstad, Welkom, aangerig toe ’n munisipale waterpyp gebars het. ’n Gastehuis en nog twee huise is oorstroom. Foto: Verskaf

Twee woonhuise en ’n gastehuis is oorstroom. Daar is ’n kans dat die gastehuis onveilig verklaar kan word.

Johan van der Merwe, gastehuisbestuurder, sê hy is op Nuwejaarsdag laat weet dat die gastehuis in Parkweg onder water is.

“Ek het dadelik soontoe gery en was geskok toe ek sien die water loop soos ’n rivier teen die helling af. Ek het die munisipaliteit laat weet en sy werkers het meer as twee uur later opgedaag.”

Die water het deur die huis gestroom en die swembad was onder water. ’n Buurman se huis was onder water, asook ’n huis in Florastraat.

Van der Merwe sê dit was ’n gesukkel om die watertoevoer af te draai.

Die pypleiding voorsien die hele Riebeeckstad van water.

Volgens Van der Merwe het dit sedert 2008 al 22 keer gebars en het die munisipale werkers elke keer net ’n klamp aangesit.

Die verskoning was glo dat daar nie geld vir ’n T-aansluiting is nie.

Hy sê werknemers van die Matjhabeng-munisipaliteit het die vorige week die pyp vervang, maar weer net ’n klamp aangesit.

Hy vermoed wanneer kragonderbrekings voorkom en die pomp nie werk nie ontstaan daar ’n vakuum wat die pyp laat bars.

Die pyp het op Oukersdag weer gebars. Dit is op 31 Desember om 17:30 herstel, maar het toe weer op Nuwejaarsdag gebars.

’n Gastehuis en nog twee huise is oorstroom nadat ’n waterpyp in Riebeeckstad gebars het. Foto: Verskaf

“Alles in die huis ruik vrot. Die meubels het behoorlik op die water rondgedobber.”

Van der Merwe sê die versekering sal op 13 Januarie assessors uitstuur om te kyk of daar skade aan die fondament is. Indien wel, sal die huis onveilig verklaar word. Die waarde van die huis word op meer as R6,3 miljoen geraam.

Die versekering sal die skade van Matjhabeng se derdepartyversekering kan verhaal.

Van der Merwe sê hy het die probleem reeds in 2017 onder die munisipaliteit se aandag gebring.

Khojane Matutle, munisipale woordvoerder, is verskeie kere om kommentaar gebel en ’n boodskap is ook na sy selfoon gestuur, maar hy het nog nie daarop gereageer nie.

Meer oor:  Johan Van Der Merwe  |  Welkom  |  Pyp  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.