Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Min oor vir dienste ná Xhariep salarisse betaal

As die Xhariep-distriksmunisipaliteit in die Suid-Vrystaat sy salarisse betaal het, wat 72% van sy begroting beloop, bly daar minder as R20 miljoen per jaar oor vir dienslewering.

Die topbestuur van die Xhariep-distriksmunisipaliteit: Vincent Litabe, finansiële hoof, Lebo Moletsane, munisipale bestuurder, Jerry Moitse, voorsitter van die openbare rekeninge- en finanskomitee, Julia Sehanka, uitvoerende burgemeester, en Soloki Mqunqguthu, speaker. Foto: Marietjie Gericke

Dit is om dié rede dat die DA Woensdag die distriksmunisipaliteit se bestaansreg bevraagteken het en wou weet of dit net ’n “werkskeppingsagentskap” is.

David van Vuuren, DA-LPW, het voor die openbare rekeninge- en finanskomitee van die Vrystaatse wetgewer gesê hy twyfel of dié distriksmunisipaliteit enige bestaansreg het.

“Die munisipaliteit het geen inkomstebasis nie en is van staatstoelae vir sy voortbestaan afhanklik. Daar is ’n gebrek aan assesserings en daar word nie op begrotings opgevolg voordat besteding plaasvind nie. Daarom is R1,8 miljoen op die begroting oorbestee.”

Dit blyk ook uit die ouditeur-generaal (OG) se verslag vir die 2017-’18-boekjaar dat die laste die bates van die munisipaliteit met R10 miljoen oorskry.

Julia Sehanka, uitvoerende burgemeester, het voor die komitee gesê “ons het ons probleme, maar dit gaan andersins goed”.

Sy sê daar is probleme met betalings aan derde partye, maar die munisipaliteit kan sy salarisse betaal.

“Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is ook op datum betaal en die OG se fooie. Daar is vordering. Ons streef nou na ’n skoon oudit.”

Sy sê die munisipaliteit kry die afgelope drie jaar ’n gekwalifiseerde ouditmening van die OG met bevindings.

Vusi Tshabalala (ANC), komiteevoorsitter, sê uit die OG-verslag blyk dit dat die ongemagtigde uitgawes van die munisipaliteit in 2017-’18 sowat R1,8 miljoen was, die onreëlmatige uitgawes R1,7 miljoen en die vrugtelose en vermorste uitgawes R715 000.

Die komitee wou weet of ondersoek ingestel word na hoe dit gebeur het sodat dit in die toekoms voorkom kan word.

“Word iemand aangekla en is daar gevolge-bestuur vir die verkeerde optrede?” wou die komitee weet.

Word iemand aangekla en is daar gevolge-bestuur vir die verkeerde optrede?

Jerry Moitse, voorsitter van die distriksmunisipaliteit se openbare rekeninge-komitee, het geantwoord dat die oudit-komitee maandeliks vergader en dat daar gereeld met Vincent Litabe, finansiële hoof van die distriksmunisipaliteit, saamgewerk word.

Roy Jankielsohn, DA-LPW en leier van die amptelike opposisie in die wetgewer, sê nievoldoening aan munisipale wetgewing en regulasies is ’n probleem by die munisipaliteit. Hy het gevra of die munisipaliteit verslag aan sy raad doen oor sy vrugtelose en vermorste uitgawes.

Hy het sê daar moet meer gekonsentreer word op distriksmunisipaliteite se diensleweringsimpak op voetsoolvlak.

* Dorpe wat deur die Xhariep-distriksmunisipaliteit bedien word, is Bethulie, Edenburg, Fauresmith, Gariepdam, Jacobsdal, Jagersfontein, Koffiefontein, Luckhoff, Oppermansgronde, Petrusburg, Philippolis, Reddersburg, Rouxville, Smithfield, Springfontein, Trompsburg, Waterkloof en Zastron.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.