Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mislukte ANC in Sedibeng ‘skynheilig’

Die Midvaal-munisipaliteit het hom verlede week sterk uitgespreek teen die ANC in Sedibeng, wat klagte van bedrog en korrupsie teen dié munisipaliteit, wat onder Sedibeng val, ingedien het, se “skynheiligheid”.

Bongani Baloyi. Foto: Johan Brits

Bongani Baloyi, Midvaal-burgemeester, het aan Beeld gesê die ANC is die laaste organisasie wat ’n klag teen enigiemand aanhangig kan maak. “Dit is ten beste lagwekkend,” sê Baloyi.

Sphiwe Mgcina, koördineerder van die ANC se streektaakspan, sê in ’n mediaverklaring die DA moet ophou met sy uitsteltegnieke en die munisipaliteit toelaat om die verslag van die spesiale ondersoekeenheid bekend te stel. “Die verslag moes al vier jaar gelede bekend gestel word en die DA het seker gemaak dit sien nie die lig nie. Die mense van Midvaal verdien om die waarheid te hoor,” sê Mgcina.

Die ANC in Sedibeng het adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), vroeër vandeesmaand versoek om die kontant-vir-poste-beweringe in die munisipaliteit te ondersoek. Amelia Tsukudu, burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe dienste, vier direkteure en Thom Peeters, adjunk-munisipale bestuurder, word by die beweringe betrek.

“Die onlangse skorsing van . . . Peeters, Tsukudu en ander beamptes in die munisipaliteit het die DA geruk en die ANC glo dat die OB die hoë vlak van korrupsie sal blootlê,” sê Mgcina.

In ’n mediaverklaring sê die Midvaal-munisipaliteit hy het nog nooit die verslag ontvang nie en dit bly die president se prerogatief om die verslag vry te stel.

Boonop verklap die ANC in Sedibeng se benadering “hoe min hy van munisipaliteite se rol, magte en beperkinge verstaan,” lui die verklaring.

“Die munisipaliteit het in geen stadium die mag om teen die partye wat in oortredings geïmpliseer word op te tree of hulle te vervolg nie.

“Dit is die SOE se jurisdiksie om die gevolgtrekkings in die verslag na die wetstoepassers soos die Valke of die nasionale vervolgingsgesag te verwys.”

Die navorsings- en konsultantegroep PMR het die munisipaliteit verlede week bekroon met die Diamond Arrow-prys vir die muni­sipaliteit wat die meeste doen vir werkskepping, maatskaplike opheffing, skoonmaakprojekte, misdaadbestryding, beleggingsaantreklikheid, en infrastruktuurontwikkeling.

Baloyi is ook as die Sedibeng-distrik se mees proaktiewe burgemeester aangewys.

“Is daar enige ANC-beheerde munisipaliteit waar daar binne sewe dae opgetree is?” lui die verklaring.

Meer oor:  Bongani Baloyi  |  Munisipaliteit  |  Politiek  |  Korrupsie  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.