Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mogale City: Vrae oor 1ste burger se dogter en R9 m.

Die dogter van die burgemeester van die Mogale City-munisipaliteit in Gauteng word betrek by die verdwyning van R9 miljoen uit die munisipaliteit se koffers, beweer die DA in die provinsie.

Solly Msimanga, DA-LPW en Gautengse woordvoerder oor koöperatiewe regering en tradisionele sake, sê in ’n verklaring dit het onder die DA se aandag gekom die munisipaliteit, wat onder meer Krugersdorp en Magaliesburg bedien, het verlede jaar ’n faktuur van R9 miljoen uitgemaak aan ’n diensverskaffer.

Net voordat die betaling gemaak is, is ’n e-pos aan die munisipaliteit gestuur waarin opdrag gegee is om die diensverskaffer se bankbesonderhede te verander.

Die geld is toe glo in die rekening van ’n prokureursfirma betaal, sonder dat die rekening geverifieer is.

“Die oomblik toe die R9 miljoen betaal is, is dit na verskillende rekeninge oorgedra. Dit het die bank agterdogtig gemaak en die finansiële hoof van die munisipaliteit is hiervan in kennis gestel,” lui Msimanga se verklaring.

Daar word verder beweer dat die munisipale bestuurder en ’n ander bestuurder wat onder die finansiële hoof werk, die oordrag na die nuwe rekening goedgekeur het sonder die medewete van die finansiële hoof.

R5 miljoen van die geld is op 10 Julie 2020 in een rekening oorgeplaas en R4 miljoen op 14 Julie in ’n ander rekening.

R5 miljoen van die geld is op 10 Julie 2020 in een rekening oorgeplaas en R4 miljoen op 14 Julie in ’n ander rekening.

Daar word beweer dat die burgemeester se dogter ook ’n begunstigde van die R9 miljoen was.

Volgens Msimanga het die finansiële hoof reeds ’n saak hieroor aanhangig gemaak en die saak is na die handelshof in Palm Ridge oorgeplaas.

“Hierdie optrede van die munisipaliteit is ’n growwe afwyking van behoorlike praktyke ten opsigte van munisipale geld. As ’n diensverskaffer sy bankbesonderhede wil verander, moet hy ’n formele brief aan die munisipale bestuurder skryf. ’n Verifikasieproses moet gevolg word om seker te maak dat dit inderdaad die diensverskaffer se rekening is.

“Die bewering dat die munisipale bestuurder en nog ’n bestuurder hierdie transaksie goedgekeur het, dui daarop dat hulle medepligtig is en rekenskap moet gee oor hierdie R9 miljoen,” lui die verklaring.

Msimanga sê nege maande het verloop sedert die saak geopen is, maar niemand is al in hegtenis geneem nie en die geld is ook nie verhaal nie.

“Die DA sal aan David Makhura, premier van Gauteng, en Lebogang Maile, LUR vir koöperatiewe regering en tradisionele sake, skryf om vas te stel watter vordering met die saak gemaak word, of daar ’n forensiese ondersoek na die betaling gedoen word en waarom niemand al verantwoordbaar gehou is nie.”

Die Mogale City-munisipaliteit het nog nie gereageer op navrae van Netwerk24 nie. Dit sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Solly Msimanga  |  David Makhura  |  Mogale City  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.