Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mosie van wantroue teen Knysna se DA-burgemeester

’n Mosie van wantroue gaan Donderdag op ’n raadsvergadering teen Mark Willemse, DA-burgemeester van Knysna in die Suid-Kaap, ingedien word.

Dit het sewe koukuslede van die DA in Knysna se stadsraad bekend gemaak.

Volgens die verklaring het hierdie DA-raadslede, Michelle Wasserman, Donovan Pofadder, Levael Davis, Georlene Wolmarans, Sibusiso Kwinana, Luzuko Tyokolo en Cathy Weideman, op 19 Mei ’n brief aan Willemse gestuur waarin hy gevra word om as burgemeester te bedank.

Van die redes wat aangevoer word, is dat Willemse nie die DA se 2016-manifes gebruik as grondslag vir die prioritisering en beplanning vir die Knysna-munisipaliteit nie, en dat hy nie politieke leierskap of strategiese rigting vir die munisipaliteit se administrasie toon nie.

Mark WillemseFoto: Verskaf

Volgens die verklaring neem hy nie die koukus se kommer of advies (behalwe dié van raadslid Peter Myers) ernstig op nie. Hy het glo ook nagelaat om kwessies na die koukus te bring, en die gemeenskap se behoeftes geïgnoreer wat deur DA-koukuslede geopper is. Daaronder is ’n versoek dat hy betyds met gemeenskappe oor die installering van voorafbetaal-watermeters konsulteer.

Volgens hulle is dit geïgnoreer en het dit gelei tot die diensleweringsbetogings op die N2, wat die hele dorp geraak het.

Luidens die verklaring het Willemse die DA-burgemeester (Eleanore Bouw-Spies) op 6 Junie 2018 saam met die ANC uitgestem, ondanks die feit dat hy nie die goedkeuring van die DA gehad het nie en deur die ANC in die posisie ingestem is.

In September 2018 het hy aan die DA se seleksieproses vir die posisie as Knysna se burgemeester deelgeneem. Hy het die uitkoms verwerp toe hy nie as die suksesvolle kandidaat gekies is nie, lui die verklaring.

Die mosie is glo op 20 Mei by die speaker afgelewer en sal Donderdag op ’n gewone raadsvergadering ingedien word.

Volgens die verklaring is die besluit om Willemse te vra om te bedank en om ’n mosie van wantroue teen hom in die dien, self deur die sewe raadslede geneem en dit is nie die gevolg van enige instruksie van die DA se leierskap-strukture nie.

Ingevolge die DA se federale grondwet het die raadslede gevra dat hul mosie deur die federale uitvoerende komitee goedgekeur word, en daar word nou op terugvoering gewag.

Willemse het by navraag gesê die raad moet sê oor die raadslede se besluit en dat hy binnekort ’n verklaring sal uitreik. “Ons sal moet kyk wat gebeur. Ek gaan dit teenstaan.”

Meer oor:  Mark Willemse  |  Knysna  |  Burgemeester  |  Mosie Van Wantroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.