Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mosselbaai-hoë geskors oor beweerde teistering
Adv. Thys GiliomeeFoto: Facebook/Mosselbaai Munisipaliteit

Adv. Thys Giliomee, munisipale bestuurder van Mosselbaai, is Vrydag geskors hangende tugverrigtinge.

Giliomee word van seksuele teistering aangekla en die munisipaliteit beskou dit as ernstige wangedrag.

“Op ’n spesiale raadsvergadering Vrydag het die volle munisipale raad besluit dat Giliomee met volle betaling geskors word ingevolge die voorgeskrewe wetgewing,” lui ’n verklaring van die munisipaliteit.

“Dit sal geld totdat die bevinding van die voorsittende beampte ná tugverrigtinge aan die munisipaliteit oorgedra word. ’n Verklaring sal ná die verrigtinge uitgereik word.”

Nadat Giliomee sy vertoë ingedien het, sal ’n tugverhoor binne drie maande volg.

Giliomee is reeds op 29 April op spesiale verlof geplaas hangende ’n ondersoek na beweerde wangedrag.

Die ondersoekverslag is deur Harry Levendal, burgemeester, ter tafel gelê op ’n spesiale raadsvergadering en is toe deur die volle raad aanvaar.

Die raad het besluit ingevolge die ondersoekverslag is daar ’n eerste geval van ernstige wangedrag in die vorm van seksuele teistering, lui die verklaring.

Volgens die munisipaliteit sal Colin Puren, bestuurder van gemeenskapsveiligheid, as bestuurder waarneem.

Giliomee is in 2016 as munisipale bestuurder aangestel. Hy is ’n voormalige uitvoerende hoof van die Wes-Kaapse Drankraad en het onder meer vroeër as munisipale bestuurder in Bitou (Plettenbergbaai) waargeneem.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Thys Giliomee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.