Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mosselbaai: Monding oopgemaak om oorstromings te keer

Die monding van die Hartenbosrivier naby Mosselbaai is Woensdag ná hoë watervlakke in die riviermonding oopgemaak en nadat daar kommer was dat onder meer die Riviera Hotel oorstroom kan word.

Die Mosselbaai-munisipaliteit sê dit is ná versoeke van die Hartenbos-rivierforum en toestemming van die Wes-Kaapse departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning gedoen.

Die Hartenbosrivier se monding word Woensdag oopgemaak. Foto: Mosselbaai-munisipaliteit

Luidens ’n verklaring is die oogmerk ook om die risiko dat septiese tenks op ’n aantal eiendomme aan die rivier se oostelike oewer kan oorstroom te verminder. Kommer oor moontlike oorstromings by die Riviera Hotel spruit daaruit dat stormwater-afsetpunte reeds onder die rivier se watervlak is.

Volgens die munisipaliteit is hy ook bewus van klagtes oor die toestand in Klein-Brakrivier.

Die munisipaliteit sê hy het egter nie ’n mandaat of die verantwoordelikheid om die rivier te bestuur nie.

Indien ’n risiko bestaan dat dié rivier kan oorstroom, kan die munisipaliteit die verantwoordelike departemente nader om toestemming om die riviermonding oop te maak.

Volgens die munisipaliteit wag hy op die uitslag van watermonsters uit die Klein-Brakrivier wat deur die Garden Route-distriksmunisipaliteit geneem is om vas te stel of die water ’n openbare veiligheidsrisiko inhou.

Weens die huidige droogte is die kanse skraal dat dié rivier sal oorstroom, sê die munisipaliteit.

Meer oor:  Mosselbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.