Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Mosselbaai, Oudtshoorn help inwoners tydens inperking

Nuwe maatreëls om verligting te bring aan inwoners te midde van die staat van inperking, is deur die Mosselbaai- en die Oudtshoorn-munisipaliteit aangekondig.

In Oudtshoorn sal geen rente van Maart tot Junie gehef word op agterstallige rekeninge nie, is op die Oudtshoorn-munisipaliteit se WhatsApp-groep bekend gemaak.

Die munisipaliteit het ook die sperdatum van ’n verbruikerskema verleng ingevolge waarvan mense 50% van hul agterstallige skuld moet betaal ten einde hulp te kry met die afskryf van die res van die skuld. Die sperdatum is van einde April tot einde Junie verleng.

’n Verpligte invorderingstarief van 30% word gehef op alle voorafbetaalde verbruikers wie se elektrisiteitsmeters ontblok is.

Elektrisiteitsmeters is van 24 Maart tot 20 April ontblok sodat mense voorafbetaalde krag kan koop. Dit sluit mense uit wie se elektrisiteit afgesny is, of meters waarmee gepeuter is. (Die munisipaliteit blok mense se elektrisiteitsmeters as hulle met hul ander munisipale rekeninge agterstallig is.)

’n Verpligte invorderingstarief van 30% word gehef op alle voorafbetaalde verbruikers wie se elektrisiteitsmeters ontblok is.

Indien verbruikers nie hul munisipale rekeninge in April betaal nadat die staat van inperking beëindig is nie, sal normale skuldinvorderingsprosesse gevolg word.

Indien enige verbruiker se status tydens die inperkingstydperk na ’n deernis-geval verander, moet dit as sodanig geregistreer word nadat die staat van inperking verby is.

Die Mosselbaai-munisipaliteit se maatreëls is verlede Donderdag enkele ure voordat die staat van inperking van krag geword het, op ’n spesiale raadsvergadering goedgekeur.

Finansiële bystand sal luidens ’n verklaring verleen word aan al die munisipaliteit se huurders, waaronder ontwikkelingsprojekte soos The Goods Shed en Beehives. ’n Amnestietydperk van drie maande (van Maart tot Mei) word gegee vir huurgeld op rekeninge wat op die 15de van die volgende maand betaalbaar is.

Die huidige beperkings op watertoevoer word opgehef, met ander woorde alle watermeters wat op ’n drupstelsel was, se toevoer word herstel.

Finansiële bystand word ook verleen aan alle sakeondernemings en nywerhede wat onder druk is.

Dieselfde drie maande lange amnestietydperk geld vir die betaling van die volle diensterekeninge.

In albei gevalle moet die agterstallige bedrag in gelyke paaiemente terugbetaal word oor ’n tydperk van nie langer as ses maande nie.

Geen rente sal oor die volle tydperk van ege maande gehef word nie, mits alle rekeninge wat teen 16 Maart betaal moes word (dus Februarie se rekeninge) op datum was.

Geen invorderingsmeganismes sal toegepas word op uitstaande bedrae vir die amnestietydperk nie. Maar indien die kliënt versuim om die amnestie-bedrag ten volle te delg in die terugbetalingstydperk van ses maande, sal die gewone kredietbeheermaatreëls toegepas word, lui die verklaring.

Die huidige beperkings op watertoevoer word opgehef, met ander woorde alle watermeters wat op ’n drupstelsel was, se toevoer word herstel.

Alle voorafbetaalde en gewone elektrisiteitsmeters wat heeltemal geblok was, is voor 26 Maart oopgestel.

Die sperdatum vir deernis-hulp is tot 30 April uitgestel. Mense met navrae kan jfourie@mosselbay.gov.za of admin@mosselbay.gov.za kontak.

Meer oor:  Munisipaliteit  |  Inperking  |  Mosselbaai  |  Oudtshoorn  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.