Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
MRK ondersoek besoedeling van rivier by Thabazimbi

Die Menseregtekommissie (MRK) in Limpopo doen ’n ondersoek na rou rioolvuil wat in die Krokodilrivier buite Thabazimbi invloei.

’n Gedeelte van die stukkende rioolaanleg in Thabazimbi in Limpopo.

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, het die klag reeds in Junie by die MRK ingedien.

Sy het verlede week eers terugvoering van die MRK se provinsiale kantoor in Polokwane gekry waarin bevestig word dat ’n ondersoek gedoen word.

Maritz sê die rioolaanlegte van Thabazimbi en Northam werk nie behoorlik nie en dit veroorsaak dat rou rioolvuil die Krokodilrivier besoedel. Dit loop eers in die Bier- en Rooikuilspruit in die Thabazimbi-gebied in. Dié twee spruite se water vloei dan in die Krokodilrivier.

“Die inwoners van Thabazimbi en Northam is bang hulle word siek weens die vuil water,” sê Maritz.

Volgens haar word erge skade aan die ekostelsel aangerig.

Dié deel van Limpopo gaan gebuk onder ’n erge droogte.

Swak instandhouding deur die plaaslike munisipaliteit van Thabazimbi die afgelope jare veroorsaak ook dat inwoners sukkel met watervoorsiening.

Die voortslepende waterprobleem word nou vererger deur boorgate in die omgewing wat begin opdroog.

Tokkie Swanepoel van die Thabazimbi-belastingbetalersvereniging het ’n beroep op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik. “Asseblief, gee jul samewerking, die damvlakke daal vinnig en boorgate droog op omdat die ondergrondse watertafel daal.”

Swanepoel vra inwoners om waterlekplekke aan te meld sodat dit so gou as moontlik reggemaak kan word.

Die Thabazimbi-munisipaliteit het verlede maand waterbeperkings ingestel en inwoners mag nie hul tuine natlei of swembaddens volmaak nie.

Meer oor:  Menseregtekommissie  |  Marcelle Maritz  |  Thabazimbi  |  Waterprobleem  |  Boorgate  |  Water  |  Grondwater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.