Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Munisipale geldhoof met wapen gedreig oor kontrak

’n Man wat die finansiële hoof van die Madibeng-munisipaliteit in Brits glo met ’n vuurwapen gedreig het om ’n kontrak te teken, moet volgende week in die hof verskyn.

Dit het glo Vrydag 22 Junie in die munisipale kantore in Brits gebeur, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes.

“Ons ondersoek ’n saak van die rig van ’n vuurwapen. Die verdagte is aangesê om in die hof te verskyn.”

Die plaaslike koerant Kormorant berig ander werknemers het Khathutsehlo Maposa, die finansiële hoof, te hulp gesnel toe ’n diensverskaffer hom glo met die wapen aangehou en gedwing het om die kontrak te teken. Die werknemers kon die situasie ontlont en die polisie is in kennis gestel.

Volgens Kormorant het ’n ander diensverskaffer wat glo nie betaal is nie Maandag gedreig om die munisipale gebou af te brand. Die kantore is ontruim totdat die situasie ontlont is.

Tumelo Tshabalala, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit veroordeel dié voorvalle in die munisipaliteit se hoofkantoor in Brits. “Die tersaaklike owerhede ondersoek die voorvalle. Ons win ook regsadvies in.”

Tshabalala het ’n beroep gedoen op mense en diensverskaffers wat ontevrede is oor sake wat met die munisipaliteit verband hou om die regte kanale te volg om dit op ’n vriendelike manier op te los.

Die agentskap Ratings Afrika het die Madibeng-munisipaliteit onlangs as die swakste munisipaliteit in die land aangewys.

Dié agentskap, wat daarin spesialiseer om onder meer staatsentiteite te beoordeel, het Madibeng maar ses uit ’n moontlike 100 punte gegee.

Meer oor:  Brits  |  Finansiële Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.