Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Munisipale hoës se kwalifikasies bekyk

Ondersoek gaan ingestel word na die kwalifikasies van munisipale, finansiële en tegniese bestuurders in die land. Dié wat nie oor die regte kwalifikasies beskik nie, sal ontslaan word.

So het dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdag op ’n tweedaagse beraad oor munisipale bestuur in die Vrystaat in Bloemfontein gesê.

“Die regte mense met die regte vaardighede en kwalifikasies moet in munisipaliteite aangestel word.”

Hy sê ’n klousule in munisipale bestuurders se kontrakte wat bepaal dat hulle ontslaan kan word as hul ouditbevindings ongunstig is, word oorweeg.

“Die nuwe wetsontwerp wat by pres. Cyril Ramaphosa lê om geteken te word wat bepaal dat munisipale bestuurders voortaan persoonlik aanspreeklik gehou sal word vir onreëlmatige uitgawes, word verwelkom,” sê hy.

Odwa Duda van die ouditeur-generaal se kantoor sê Vrystaatse munisipaliteite die onreëlmatige uitgawes beloop R2,5 miljard.

Dr. Zweli Mkhize Foto: Argief

Mkhize sê dit is te betwyfel of buitelandse beleggers in wanfunksionele munisipaliteite sal wil belê waarvan die stabiliteit en volhoubaarheid bevraagteken word. Munisipale gebiede wat vuil is, skrik buitelandse beleggers ook af.

11 munisipaliteite in die land wat onder administrasie is, word deur die regering ondersteun sodat hulle weer op eie bene kan staan, sê Mkhize.

In die Vrystaat is dit munisipaliteite soos Masilonyana (Theunissen), Mafube (Frankfort) en Maluti-A-Phofung (Harrismith en Qwaqwa).

Mkhize sê grootskaalse beplanning sal gedoen moet word vir 2030, wanneer 70% van alle mense in Suid-Afrika verstedelik sal wees.

Grond sal geïdentifiseer moet word vir behuisingsprojekte in stede, dalk hoë verdiepinggeboue, en voldoende munisipale infrastruktuur vir die grootskaalse instroming sal geskep moet word.

Terselfdertyd sal nywerheids- en mynbou-ontwikkelings op die platteland onderneem moet word om klein dorpe waarheen mense van landelike gebiede gaan verhuis volhoubaar te maak.

“Daar moet vir geïntegreerde-ontwikkelingsprojekte in stede en dorpe voorsiening gemaak word wat die heersende apartheidsontwikkeling ongedaan sal maak.”

Mkhize sê op sy besoek in Junie aan die Vrystaat is nege munisipaliteite waar ingegryp moes word, geïdentifiseer, asook die Mangaung-metro. Hy werk nou saam met Oupa Khoabane, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, om die munisipaliteite reg te ruk.

“Politieke inmenging en geskille wat munisipaliteite landwyd verlam, kry aandag.”

Hy het ook verwys na die moord op 30 raadslede en munisipale amptenare in KwaZulu-Natal.

Gevegte oor tenders wat oor korrupsie en gierigheid gaan, kan die langer geduld word nie, sê hy.

Kommer bestaan ook omdat sommige munisipaliteite nie hul toelaes vir munisipale infrastruktuur bestee en nuwe infrastruktuur bou nie.

“Politieke inmenging en geskille wat munisipaliteite landwyd verlam, kry aandag.

Van die redes is dat munisipaliteite nie die vermoë het om die geld te bestuur en groot infrastruktuurprojekte kan hanteer nie.

“Daarom is 80 ingenieurs en stadsbeplanners na van die sukkelende munisipaliteite gestuur.”

Nog ingenieursposte is geadverteer.

Die departement is voorts besig om ’n invorderingsplan bekend te stel wat munisipaliteite sal help met die invordering van diensgeld.

Mkhize sê die kultuur van wanbetaling moet ernstig aandag kry omdat Vrystaatse inwoners, sakeondernemings en staatsinstellings munisipaliteite R15,6 miljard skuld.

Meer oor:  Zweli Mkhize
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.