Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Munisipaliteite in 'groot krisis'

Die toestand van Suid-Afrikaanse munisipaliteite behoort tot nasionale krisisstatus verhef te word, sê Wouter Wessels van die Vryheidsfront Plus.

Wessels, parlementêre woordvoerder van dié party oor munisipale regering, sê die algehele onvermoë van die ANC-regering om munisipaliteite te bestuur, het daartoe gelei dat munisipale regerings landwyd in so ’n mate in duie stort dat daar nie eens aan inwoners se mees basiese behoeftes voorsien kan word nie.

Munisipaliteite het teen 31 Desember onderskeidelik R16,2 miljard en R7,3 miljard aan Eskom en die onderskeie waterrade geskuld.

Wessels sê hoewel daar in die begroting maatreëls aangekondig is om die probleem op te los, sal dit niks help om die situasie te beredder nie. Daar moet daadwerklike stappe gedoen word om munisipaliteite in staat te stel om weer as volhoubare ekonomiese eenhede te funksioneer.

Hy sê ook munisipale amptenare moet beter opgelei en toegerus word om die begrotings- en finansiële beplanningsprosesse te verstaan.

Kaderontplooiing en massa-aanstellings, soos wat in munisipaliteite plaasvind, moet stopgesit word. Die nasionale tesourie het in sy voorlegging gesê daar sal nie geld wees vir buitensporige salarisverhogings vir amptenare van hoër as die inflasiekoers nie.

Wouter Wessels. Foto: Mlungisi Louw

Die grootste gedeelte van munisipaliteite se begrotings word aan hul reuse-salarisrekening bestee.

Terwyl Vrystaatse munisipaliteite van die grootste wanbetalers aan Eskom is, is die Vrystaatse provinsiale regering die grootste sondaar wat nie sy skuld aan munisipaliteite betaal nie.

Tammy Wessels, lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer, sê die Vrystaat skuld 25% van al die geld wat deur provinsiale departemente aan munisipaliteite geskuld word. Die Vrystaatse departemente skuld R919 miljoen van die R3,7 miljard wat aan munisipaliteite landwyd geskuld word.

Die ANC-regering kniehalter munisipaliteite deur toe te laat dat provinsiale regerings miljarde rande aan munisipaliteite skuld vir elektrisiteit- en watervoorsiening, erfbelasting en tariewe, sê sy.

Die Vrystaat gaan gebuk onder die swakste plaaslike regering en drie munisipaliteite in die provinsie is die afgelope jaar onder administrasie geplaas.

Die Matjhabeng-munisipaliteit kon Maandag ná ’n noodvergadering en ’n nuwe afbetalingsooreenkoms wat bereik is, voorkom dat die Vrystaatse Goudveld ook deur Eskom met kragonderbrekings gestraf word.

Dié munisipaliteit het vroeër in ’n verklaring gesê die provinsiale regering skuld hom bykans R60 miljoen aan agterstallige dienstegelde.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.