Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Munisipaliteite R42 m. in bydraes verskuldig

Vyf Oos-Kaapse munisipaliteite het die afgelope jaar nie hul werknemers se pensioenbydraes oorbetaal nie en is meer as R42 miljoen in bydraes verskuldig.

Dit is nie oorbetaal nie ondanks die feit dat dit reeds van die werknemers se salarisse afgetrek is. Boonop is die rente daarop reeds R19 696.

Hierdie inligting het op ’n parlementêre sitting aan die lig gekom toe Mlungisi Mvoko, LUR vir finansies, vrae van die DA daaroor beantwoord het.

Mvoko het toegegee dat die wanbetaling van pensioenbydraes deur die Dr. Beyers Naudé-, Sondagsrivier-, Groot-Kei-, Amahlathi- en die Walter Sisulu-munisipaliteit ’n oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur is.

Bobby Stevenson Foto: Argief

Bobby Stevenson, die DA se Oos-Kaapse leier in die wetgewer, het gesê dit dui daarop dat die provinsiale regering in duie stort.

Hy het die provinsiale tesourie gevra om dringend steun aan die betrokke munisipaliteite te bied en dat die skuldige amptenare vasgevat word.

“Hierdie munisipaliteite oortree talle wette en speel met die toekoms van hul werknemers. Hy (Mvoko) het nie genoem dat dit ook ’n oortreding is van die Wet op Pensioenfondse nie.”

Hy het gewaarsku dit is net ’n kwessie van tyd voordat die uitbetalings buite beheer raak, wat kan beteken dat werkers hul aftreevoordele kwyt is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.