Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Munisipaliteite skuld Eskom R35,3 mjd.

Suid-Afrikaanse munisipaliteite skuld Eskom nou al R35,3 miljard – met Vrystaatse munisipaliteite wie se skuld van R13,35 miljard voorloop.

Die provinsie met die tweede meeste Eskom-skuld is Mpumalanga (R10,4 miljard) en Gauteng derde (R4,1 miljard).

Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, het by navraag gesê dié bedrae was wat die munisipaliteite aan die einde van Februarie geskuld het.

Volgens die statistieke wat sy van die Eskom-hoofkantoor gekry het, is Noordwes vierde (R2,5 miljard), die Noord-Kaap vyfde (R2,2 miljard), die Oos-Kaap sesde (R1,4 miljard), Limpopo sewende (R0,92 miljard), Kwa-Zulu-Natal agtste (R0,51 miljard) en die Wes-Kaap negende (R0,1 miljard).

eskom skuld

Jansen van Rensburg het gesê bykomend tot die normale kredietbestuursprosesse wat gevolg word, probeer Eskom ook om aktief met munisipaliteite in vennootskap te tree deur hulle te help om kapasiteit te bou. Eskom raak betrokke “om ’n rugsteunfunksie te vervul om munisipaliteite in staat te stel om elektrisiteitsinkomste van die inwoners in te vorder”.

Sy het gesê die eerste van hierdie ooreenkomste tussen Eskom en ’n munisipaliteit sal met die Vrystaatse Maluti-A-Phofung-munisipaliteit (Harrismith, Qwaqwa en Kestell) gesluit word. Eskom sal met die oordrag van vaardighede aan die munisipaliteit help.

Sy het gesê die aktiewe samewerking is deur intensiewe interregeringsgesprekke onder leiding van adj.pres. David Mabuza moontlik gemaak.

Volgens haar het Maluti-A-Phofung, Matjhabeng (Welkom), Ngwathe (Parys) en Dihlabeng (Bethlehem) die grootste Eskom-skuld in die Vrystaat.

Sy sê dit word toenemend moeilik vir Eskom om die ligte aan te hou met die tipe opgehoopte skuld van munisipaliteite. Eskom het geld nodig om sy eie bedryf aan die gang te hou en om aan sy mandaat te voldoen om volhoubaar elektrisiteit aan die inwoners van Suid-Afrika te lewer.

Meer oor:  Skuld  |  Munisipaliteite  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.