Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Myne verbeter paaie, watervoorsiening in VS

Danksy die ingryping van twee mynreuse gaan paaie en watervoorsiening in Matjhabeng en Masilonyana in die Vrystaat teen R114 miljoen verbeter word.

Sibanye-Stillwater se deel van die belegging beloop R54 miljoen, waarvan R27 miljoen uitsluitlik vir die Masilonyana-projek (Theunissen) aangewend sal word.

By die ondertekening van die ooreenkoms tussen die munisipaliteite en Sibanye-Stillwater is van links Nkosinjani Speelman, uitvoerende burgemeester van Matjhabeng, Thabisile Phumo, uitvoerende beampte: aandeelhouerverhoudinge van Sibanye-Stillwater, en Steve Koalane, uitvoerende burgemeester van die Masilonyana-munisipaliteit.

Sibanye-Stillwater en Harmony Gold werk saam aan die Matjhabeng-projek (Vrystaatse Goudveld), wat ’n gesamentlike R87 miljoen beloop.

Die verbeterde waterverspreiding-stelsel sal toegang tot volhoubare, ekovriendelike drinkwater en ’n verbeterde afvalwaterstelsel bied, het die mynreuse in ’n verklaring gesê.

Die projek word ondersteun deur die departement van minerale bronne en Sibanye-Stillwater se maatskaplike arbeidsplan (SLP). Die projek is ook in ooreenstemming met die munisipaliteite se vyfjaar-geïntegreerde-ontwikkelingsplan (GOP).

“Die plaaslike ekonomieë wat in hierdie gebiede geleë is, is tans hoofsaaklik van mynbou afhanklik en daarom was dit noodsaaklik dat ons hierby betrokke raak,” het Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, gesê.

“Ek is bly dat ons positief kan bydra tot die gemeenskap en ekonomie van Masilonyana en Matjhabeng deur hierdie grootskaalse infrastruktuurontwikkeling.

“Ek glo indien dit behoorlik uitgevoer word, sal die belegging in vervoerinfrastruktuur ekonomiese groei, arbeidsproduktiwiteit en grondwaarde verhoog.

“Dit kan ook sosiale faktore soos beter openbare gesondheid, hoër energie-doeltreffendheid en groter ekonomiese ontwikkeling positief beïnvloed,” het Froneman gesê.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Matjhabeng  |  Masilonyana  |  Watervoorsiening  |  Paaie  |  Dienslewering  |  Myne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.