Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Nelson Mandelabaai deur bankrotskap in gesig gestaar

Die Nelson Mandelabaai-metro word deur bankrotskap in die gesig gestaar.

Daar is boonop ’n groot moontlikheid dat die Oos-Kaapse departement van samewerkende regering en tradisionele sake die metro onder administrasie gaan plaas.

Die rede hiervoor is dat die metro nie opgetree het teen diensverskaffers en stadsamptenare wat die geld na bewering geplunder het wat vir die metro se geïntegreerde busvervoerstelsel (IPTS) geoormerk was nie. Daarom eis die nasionale tesourie nou dat die metro binne 14 dae bykans R3,2 miljard van sy IPTS-toelae moet terugbetaal. Die bedrag is gelykstaande aan sowat drie jaar se billike aandeel.

Die nasionale tesourie het die metroraad op 16 Oktober per brief daarvan in kennis gestel dat hy 14 dae het om homself voor te berei daarop dat die geld onttrek gaan word.

Die onttrekking het vrese laat ontstaan dat dienslewering heeltemal in duie kan stort en dat die metro nie sy finansiële verpligtinge sal kan nakom nie.

Die onttrekking het vrese laat ontstaan dat dienslewering heeltemal in duie kan stort en dat die metro nie sy finansiële verpligtinge sal kan nakom nie.

Die tesourie se brief, wat aan Nobuntu Mgogoshe, waarnemende stadsbestuurder, gerig is, verwys na die metro se versuim om die vereistes van die IPTS-toelae na te kom.

Die brief lui dat die IPTS-geld gebruik is vir goed buite die raamwerk van die Wet op die Verdeling van Inkomste en maak melding van ’n Deloitte- en Touch- forensiese verslag, wat uitwys dat die munisipaliteit sekere dienste by diensverskaffers verkry het sonder om die korrekte voorsieningskettingprosedures te volg. Die tesourie is van mening dat hierdie onreëlmatighede reggestel sou kon word indien die metro die aanbevelings van die forensiese verslag in werking gestel het en teen sy werknemers en diensverskaffers opgetree het.

Rano Kayser, DA-raadslid oor paaie en vervoer, sê die nasionale tesourie het op 13 Junie ook ’n brief aan die metro gerig waarin hy vra watter vordering die metro met die implementering van die voorstelle in die forensiese verslag

Die metro kry jaarliks toelaes vir dienste soos die bou van paaie, elektrifisering, die lê van waterpype en die bou van ander infrastruktuur.

gemaak het.

“Die tesourie het daarop gewys dat die stad die skuldigste in die land is wanneer dit kom by vrugtelose en nuttelose uitgawes,” sê Kayser.

“Volgens die nasionale tesourie se brief het die terugvoering van die munisipaliteit dit duidelik gemaak dat daar op die hoogste vlak van dié instansie ’n beperkte kennis is van die inhoud van die ouditeur-generaal se verslag met betrekking tot uitgawes.”

Die metro kry jaarliks toelaes vir dienste soos die bou van paaie, elektrifisering, die lê van waterpype en die bou van ander infrastruktuur. As die tesourie hierdie geld weerhou, kan dié dienste nie gelewer word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.