Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Net 13 brandweer-stasies in Kaapstad oop

Die Kaapse metroraad sê slegs 13 van hul 30 brandweerstasies was Dinsdagaand in bedryf terwyl die res gesluit was weens die protesaksie van brandbestryders oor hul oortydvergoeding.

Samwu-brandweerlede in Kaapstad het verlede week opgeruk na die burgersentrum oor oortydvergoeding.

Richard Bosman, die stad se uitvoerende direkteur van veiligheid, sê vyf voorlopige skorsingsbriewe is Woensdag uitgereik vir brandweermanne wat nie by die werk was nie.

Bosman sê dit volg nadat die stad gewaarsku het hulle sal

tugstappe doen teen diegene wat weier om oortyd te werk.

Die munisipale werkersvakbond Samwu sê in ’n brief gedateer 2 Oktober, wat aan die stad gerig is, hulle is ingelig dat die stad brandweermanne skors. “Die stad is vooraf gewaarsku dat brandbestryders vanaf 1 Oktober ingevolge basiese diensvoorwaardes werk in die afwesigheid van ’n brandweer-ooreenkoms met die stad,” skryf Muhle Dlamini van Samwu.

Volgens Dlamini het die stad ook geen wetlike gronde om personeel te skors nie.

Verder sê die vakbond die redes vir die skorsing is verregaande aangesien niemand enige vorm van aanhitsing of onrus by enige van die 32 brandweerstasies gesien het nie.

“Ons neem kennis van die dreigemente wat aanhoudend gemaak word en dit sal nie lede keer om hul grondwetlike regte uit te oefen deur op te staan teen uitbuiting en onbillike arbeidspraktyke nie.”

Samwu-lede het Dinsdag met hul boikot begin om slegs van 08:00 tot 16:30 te werk, waarna hulle die brandweerstasies se deure sal toemaak.

Meer oor:  Kaapse Metroraad  |  Brandweerstasie  |  Brandweer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.