Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NK-premier daag uiteindelik in Barkly-Wes op

Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, het Donderdag uiteindelik met die gemeenskap van Barkly-Wes oor die voortslepende probleme by die Dikgatlong-munisipaliteit vergader.

Dit volg op etlike betogings en optogte oor swak dienslewering vanjaar en ’n hofbevel wat Eskom verbied het om die kragtoevoer weens wanbetaling te onderbreek.

Jigaz Damoense, ’n gemeenskapsleier, praat met Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier. Foto: Boipelo Mere

Die premier is ook in die betrokke hofbevel aangesê om ’n taakspan aan te stel wat ’n regrukplan vir die munisipaliteit in werking moet stel.

’n Laerskool in De Beershoogte is reeds drie keer vanjaar weens rioolvuilbesoedeling op die skoolterrein gesluit.

Bentley Vass, LUR vir samewerkende regering, het die premier vergesel.

Die premier het gesê sy sal met alle betrokkenes beraadslaag om die Dikgatlong-munisipaliteit reg te ruk.

’n Voorstel is aan die raad gedoen om die finansiële hoof op verlof te plaas sodat ’n ondersoekspan ingestuur kan word. Hulle moet vasstel of die finansiële hoof wel die regstellende stappe gedoen het ingevolge die premier se regrukplan.

Lucas, Vass en die ANC moet ook vasstel of bewerings dat Dorothy Mbezeni, burgemeester, onbehoorlik optree, waar is.

Die raad moet sy beleid oor armlastiges hersien, die afbetalingsbeleid vir armes aanpas en met Eskom oor agterstallige skuld vergader. ’n Realistiese terugbetalingsplan moet met Eskom onderhandel word.

Die departement van samewerkende regering sal die gemeenskap gereeld oor die ontwikkeling van nuwe woonbuurte en grootmaatdienste inlig.

Die departement van onderwys bekyk oplossings vir die rioolprobleme by die skool.

Die provinsiale regering sal die inwerkingstelling van aanbevelings in die regrukplan gereeld nagaan.

Meer oor:  Eskom  |  Sylvia Lucas  |  Barkly-Wes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.