Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NK-wetgewer betaal nie salarisse oor tegniese foute

Die Noord-Kaapse wetgewer het Woensdagmiddag laat erken dat salarisse van werknemers nie uitbetaal is nie weens tegniese foute met ’n nuwe stelsel.

Sowat 610 werknemers van die wetgewer is Dinsdagaand laat ingelig dat hulle nie Woensdag salaris sal ontvang nie.

Nathalia Borchard, waarnemende uitvoerende bestuurder van komitees en openbare kommunikasie in die wetgewer, sê dit is hoofsaaklik weens foute met die implementering van ’n nuwe stelsel, asook kapasiteitbeperkinge binne die afdeling menslike hulpbronne.

“Dit is ’n ongewone situasie. Personeel kan nie uit die wetgewergebou werk nie weens gesondheid- en veiligheidsrisiko’s en daarom is daar ’n gebrek aan kapasiteit. Die wetgewer kan daarom nie sy mandaat ten volle uitrig nie.”

Sy kon nie sê wanneer die salarisse betaal sal word nie.

Ntsikelelo Tsandu, voorsitter van Nehawu se wetgewertak, sê dit is ongehoord dat ’n instelling soos die wetgewer nie sy werknemers kan betaal nie.

“Dit het nog nooit tevore gebeur nie. Dit is onaanvaarbaar. Dit is ernstige wanbestuur en moet ondersoek word.

“Wat moet ons doen? Ons het debietorders wat veronderstel is om afgetrek te word, maar dit kan nie, want daar is nie geld in die bank nie.”

Meer oor:  Noord-Kaapse Wetgewer  |  Politiek  |  Stelsel  |  Tegniese Foute  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.