Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB-begroting: 90% gaan aan armes

Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het met die aanvang van die nuwe finansiële jaar gesê dit is belangrik om altyd ’n treetjie voor te bly wat diensleweringsuitdagings in wyke betref, sodat gemeenskappe nie nodig het om te betoog daaroor nie.

Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Argief

Altesaam 91% van die metro se kapitale begroting, wat beskryf word as ten gunste van armes, is toegedeel vir die ontwikkeling van infrastruktuur in armer wyke.

Bobani het verskeie rolspelers in die stadsaal in Uitenhage toegespreek en direkte interaksie tussen die gemeenskap en wyksraadslede aangemoedig.

Hy het gesê hy beplan om ’n vergadering te belê met alle raadslede van Uitenhage en Despatch om hul begrotingstoewysings met hulle te bespreek.

Bobani wil dié raadslede ook inlig oor watter projekte gaan begin.

Uit die R12,6 miljoen kapitale begroting, is die volgende bedrae opsygesit:

  • R200 miljoen – behuising;
  • R223 miljoen – die opgradering en konstruksie van substasies en die elektrifisering van huise;
  • R482 miljoen – infrastruktuur en ingenieurswese; en
  • R317 miljoen – die opgradering van watersuiweringsaanlegte, die rehabilitasie van waterreservoirs en die verskaffing van waterinfrastruktuur by behuisingsprojekte en ander ekonomiese ontwikkeling.

Die huidige finansiële jaar eindig op 30 Junie 2020.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.