Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB-bestuurder sê sy hande is skoon

Hy sal van alle blaam onthef word, het Johann Mettler, Nelson Mandelabaai se munisipale bestuurder, gesê nadat hy Maandagmiddag ’n brief gekry het oor die munisipaliteit se voorneme om hom te skors.

Mettler is in ’n stryd gewikkel met Mongameli Bobani, wat glo sy mes vir hom in het sedert hy (Bobani) burgemeester geword het.

Johann Mettler. Foto: Twitter

Na wat verneem word, word Mettler van wanadministrasie, die misbruik van munisipale geld, asook die verlenging van die kommunikasiefirma Mohlaleng Media se kontrak beskuldig.

Die Valke het bevind dat hy nié die prys van ’n gebou wat die munisipaliteit gekoop het, opgejaag het nie, het Mettler gesê.

Volgens Bobani is die gebou vir R6 miljoen meer gekoop as wat dit werd is.

“Ek is besig om regsadvies in te win en bestudeer die brief wat die raad aan my gestuur het,” het hy gesê.

Hy sal onskuldig bevind word in die tugverhoor indien hy regverdig verhoor word, het Mettler gesê.

Net soos die Valke hom onskuldig bevind het, sal dié klagte ook laat vaar word, het hy gesê.

“Ek sien uit daarna om my saak te stel en ek hoop net die raad is regverdig.”

Bobani wou nie kommentaar lewer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.