Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB kyk hoe Ekurhuleni diefstal by substasies bekamp

Die Nelson Mandelabaai-metro (NMB) loop deur onder diewe wat substasies in die metro vandaliseer en plunder.

Meer as 60 substasies in die metro het van 1 Julie tot 30 September onder koperdiewe en vandale deurgeloop.

Luidens ’n agenda van die metro se komitee vir infrastruktuur en ingenieurswese het dit die metro in dié tydperk meer as R700 000 uit die sak gejaag om die skade te herstel.

Luidens die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid van 1993 moet alle hoë-volt-toerusting in substasies beskerm word en te alle tye gesluit wees.

Hoewel die metro aan dié vereiste voldoen, breek diewe die substasies oop en steel koper en ander bedrading.

Substasies in die metro loop gereeld deur onder vandale en diewe. Dié foto wys hoe word elektrisiteit onwettig van ’n substasie in die Chris Hani- informele nedersetting in Struandale herlei. Foto: Argief

Luidens die agenda is daar ook gevalle waar substasies geplunder is sonder enige gedwonge toegang, wat die vermoede laat ontstaan dat diewe in dié geval moontlik sleutels het om die substasies oop te sluit.

Substasies in die metro het nie alarms nie.

Wanneer die neutrale geleier uit ’n substasie gesteel word, het dit ’n negatiewe uitwerking op verbruikers se elektriese toestelle wat aan die netwerk gekoppel is omdat dit tot ’n hoër voltlading van 400 V in plaas van 230 V lei, luidens die agenda.

Om die probleem hok te slaan het die metro gaan kyk wat ander munisipaliteite doen om soortgelyke probleme die hoof te bied. Hy kyk nou na die moontlikheid om soos Ekurhuleni ’n kontrakteur aan te stel om diefstal en vandalisme by substasies stop te sit.

Sommige van die substasies wat van Julie tot September geplunder is, is Rosedale, Dunkeld, Watco, Dawson, Perrot, Harrismith, Lutman, Fidelity en Nicoll.

Diewe het onder meer met geleiers, kabels en skakelaars die pad gevat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.